K­ga­ny­a­go kap hard na OB

Beeld - - SakeNuus - Vi­da Booy­sen

Die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) is “roe­ke­loos”, sy het haar mag­te “mis­bruik” en sy ver­staan nóg die Grond­wet nóg hoe die mo­ne­tê­re stel­sel werk.

Dít is net en­ke­le van die har­de woor­de wat Le­setja K­ga­ny­a­go, pre­si­dent van die Re­ser­we­bank, gis­ter in ’n eeds­ver­kla­ring vir adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, die OB, ge­had het.

Die Re­ser­we­bank gaan voort met sy hof­saak teen die OB om haar be­vin­dings oor die hulp wat hy des­tyds aan ’n voor­gan­ger van Ab­sa ge­gee het, te laat her­sien.

Dit is on­danks ’n te­rug­krab­be­ling vroe­ër in die week deur Mkhwe­ba­ne om nie die bank se aan­soek in die hoog­ge­regs­hof teen te staan oor haar op­drag aan die par­le­ment om die Re­ser­we­bank se man­daat te ver­an­der nie.

Mkhwe­ba­ne het Maan­dag aan­ge­kon­dig sy het op grond van regs­ad­vies be­sluit dit is nie ’n goeie i­dee om ’n stryd daar­oor in die hoog­ge­regs­hof te voer nie.

Mkhwe­ba­ne het op 19 Ju­nie die be­vin­dings van ’n on­der­soek na die fi­nan­si­ë­le red­ding van Ban­korp in die 1980’s be­kend ge­maak. Sy het toe in die ver­slag aan­be­veel dat die Grond­wet ge­wy­sig word om die Re­ser­we­bank se man­daat te ver­an­der.

Vol­gens haar aan­be­ve­ling moet die Re­ser­we­bank fo­kus op e­ko­no­mie­se groei en trans­for­ma­sie eer­der as op in­fla­sie­be­heer en die be­sker­ming van die rand en sy het ter­stond die par­le­ment op­drag ge­gee om die Grond­wet te wy­sig so­dat haar aan­be­ve­ling wet kan word.

In sy eeds­ver­kla­ring sê K­ga­ny­a­go dis dui­de­lik uit Mkhwe­ba­ne se ant­woord op sy hof­aan­soek dat sy “geen ag ge­slaan het op die on­ver­my­de­li­ke en erns­ti­ge im­pak van haar ver­slag voor­dat sy dit uit­ge­reik het nie.”

Hy gaan voort om die ver­slag as “roe­ke­loos” te be­stem­pel en die OB se ver­dui­de­li­king daar­voor “is op ’n dui­de­li­ke ge­brek aan in­sig oor die Grond­wet ge­grond”.

Ver­der skil­der haar ver­slag ’n “fun­da­men­te­le wan­voor­stel­ling” van die bank se mag­te en funk­sies. K­ga­ny­a­go stel dit dui­de­lik dat Mkhwe­ba­ne se ver­slag “on­mid­del­li­ke en ska­de­li­ke ge­vol­ge” vir die land ge­had het.

“Die mark­te het met ont­stel­te­nis ge­re­a­geer. Die rand het ge­tui­mel en R1,3 mil­jard se staats­ef­fek­te is deur bui­te­lan­ders ver­koop ter­wyl kre­diet­gra­de­ring­a­gent­skap­pe met ver­de­re af­gra­de­rings ge­dreig het.”

K­ga­ny­a­go sê dit is nie goed ge­noeg dat die OB nou bes gee oor die me­rie­te van die saak nie. Haar ver­dui­de­li­king vir haar op­tre­de be­vat geen a­po­lo­gie of te­rug­trek­king van haar ver­slag nie.

“Dit laat die ska­de net voort­duur.”

K­ga­ny­a­go het ge­vra dat die man­daat van die Re­ser­we­bank uit­ge­los word tot­dat die ver­ko­se ver­teen­woor­di­gers van die land se men­se deur ’n grond­wet­lik vas­ge­stel­de pro­ses ver­kies word om dit te ver­an­der.

“Dit is nie ’n plek waar die OB haar neus moet in­druk nie,” sluit hy sy eeds­ver­kla­ring af.

Ab­sa het ook Don­der­dag sy aan­soek in die hoog­ge­regs­hof in­ge­dien om die be­vin­dings en reg­stel­len­de stap­pe van die OB se ver­slag oor die Re­ser­we­bank se hulp aan sy voor­gan­ger Ban­korp ter sy­de te laat stel. Die hof­aan­soek gaan met ’n eeds­ver­kla­ring ge­paard van Ma­ria Ra­mos, uit­voe­ren­de hoof van die bank­groep, wat 78 blad­sye lank is.“Ons sien uit daar­na dat die saak hof toe gaan. Die ja­re se on­ge­gron­de be­skul­di­gings was on­reg­ver­dig teen­oor Ab­sa en het ons be­na­deel,” sê Ra­mos hier­in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.