OB sê sy ver­wel­kom Ab­sa se hof­aan­soek

Beeld - - SakeNuus - Niel Jou­bert

Adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), sê sy ver­wel­kom Ab­sa se aan­soek in die hof waar­in dié bank vra om die be­vin­dings en reg­stel­len­de stap­pe in haar ver­slag oor die Re­ser­we­bank se hulp aan Ban­korp ter­sy­de te laat stel.

Sy is be­sig om die do­ku­men­te te be­stu­deer en sal dan be­sluit op die ge­pas­te op­tre­de, lui ’n ver­kla­ring van die OB se kan­toor.

Ab­sa het Don­der­dag sy aan­soek by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien.

Sy sê son­der om ’n me­ning uit te spreek oor die ju­ris­dik­sie van die hof om Ab­sa se aan­soek aan te hoor, bied die aan­soek ’n ge­leent­heid vir “de­bat­voe­ring oor die be­we­rings van wan­ad­mi­nis­tra­sie, kor­rup­sie, die wan­aan­wen­ding van geld en die ver­suim van die Suid-A­fri­kaan­se re­ge- ring om die Ciex-ver­slag in wer­king te stel en o­pen­ba­re geld te­rug te kry”.

“Die OB wil dit ook boek­staaf dat ’n hof­aan­soek nie ou­to­ma­ties die toe­pas­sing van die re­me­di­ë­ren­de stap­pe op­skort nie . . . ”

Vol­gens haar is dié be­gin­sel be­ves­tig deur die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof in die EFF se saak teen die spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring en an­der waar­in hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng be­slis het dat die OB se re­me­di­ë­ren­de stap­pe bin­dend is en toe­ge­pas moet word ten­sy dit deur die hof ter­sy­de ge­stel word.

Ab­sa be­twis die OB se ver­slag om ver­skeie re­des, on­der meer dat die be­vin­dings en reg­stel­len­de stap­pe op we­sen­li­ke fei­te­fou­te be­rus en dat die OB nie die ju­ris­dik­sie het om die saak te on­der­soek nie.

Ab­sa voer aan die reg­stel­len­de stap­pe wat die OB voor­skryf, naam­lik dat R1,125 mil­jard van Ab­sa ver­haal moet word, is on­reg­ma­tig.

Adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.