Re­ser­we­bank se man­daat

Beeld - - SakeNuus -

Le­setja K­ga­ny­a­go, pre­si­dent van die Re­ser­we­bank ver­dui­de­lik in sy eeds­ver­kla­ring die Re­ser­we­bank se man­daat is nie be­perk tot prys­sta­bi­li­teit en die be­sker­ming van die wis­sel­koers nie maar, soos uit­een­ge­sit in art. 224 van die Grond­wet, moet hy sy man­daat in die be­lang van ge­ba­lan­seer­de en vol­hou­ba­re e­ko­no­mie­se groei in Suid­A­fri­ka uit­voer.

“Art. 225 van die Grond­wet, ’n ar­ti­kel wat nê­rens in die OB se ver­slag of in haar be­ë­dig­de ver­kla­ring ver­skyn nie, gee die Re­ser­we­bank al die mag­te en funk­sies wat nor­maal­weg deur sen­tra­le ban­ke uit­ge­voer word,” sê K­ga­ny­a­go.

Hy sê die grond­slag van die OB se re­me­di­ë­ren­de ak­sie is dat die Re­ser­we­bank se man­daat “te eng” is.

“Maar dit is nie. Die Grond­wet be­klee die Re­ser­we­bank met al die mag­te en funk­sies wat nor­maal­weg deur al­le sen­tra­le ban­ke wê­reld­wyd uit­ge­voer word. Die OB sien hier­die deur­slag­ge­wen­de punt o­ën­skyn­lik nie raak nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.