Hou dié 5 dop

Cra­ven­week:

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den Mul­ler du P­les­sis (heel­ag­ter, We­s­te­li­ke Pro­vin­sie) Ri­kus P­re­to­ri­us (sen­ter, Vry­staat) Mark Sny­man (flank, Goue Leeus) JJ van der Mes­cht (slot, K­waZu­lu­Na­tal) Die­go Ap­pol­lis (heel­ag­ter, Blou Bul­le)

Die Cra­ven­week-toer­nooi het 53 jaar reeds as die teel­aar­de van S­pring­bok­rug­by­spe­lers ge­dien.

Van­dag, wan­neer die 54ste jaar­lik­se Cra­ven­week-toer­nooi vir o.18span­ne by St. S­ti­thi­ans Col­le­ge in Jo­han­nes­burg be­gin, gaan ’n mag­dom toe­koms­ti­ge Bok­ke hul ta­len­te uit­stal.

Daar is ui­ter­aard ’n me­nig­te spe­lers wees wat nog groot rug­by gaan speel, maar hier is vyf spe­lers om dop te hou.

Du P­les­sis het ver­le­de jaar reeds die Suid-A­fri­kaan­se S­ko­le­span ge­haal. Du P­les­sis, ’n leer­ling aan die Paarl Gim­na­si­um, is ’n blits­vin­ni­ge aan­val­len­de an­gel wat ewe tuis op vleu­el as heel­ag­ter is. Hy be­hoort van­jaar weer sy stem­pel op die Cra­ven­week af te druk.

Soos Du P­les­sis het P­re­to­ri­us ook in 2016 vir die SA S­ko­le­span uit­ge­draf. Dié bin­ne­sen­ter van G­rey­kol­le­ge se eer­ste span is ’n sterk bal­dra­er van­weë sy groot­te. Hy het eg­ter ook goeie han­de, vi­sie en vaart­ver­snel­ling.

Sny­man, kap­tein van Help­me­kaar Kol­le­ge se eer­sten span, was ver­le­de jaar in die SA Sko­le “A-span”. Dié sterk los­voor­spe­ler kan van­jaar ’n tree­tjie ver­der gaan. Hy speel in ’n goeie span en in ’n baie goeie los­trio.

Dié he­mel­be­sem van die G­len­wood High School in Dur­ban het reeds ’n ju­ni­or kon­trak met die Haaie ge­sluit vir vol­gen­de jaar. Van der Mes­cht het ver­le­de jaar die SA Sko­le “A-span” ver­teen­woor­dig.

Ap­pol­lis is een van daar­die be­gaaf­de spe­lers wat by­na e­ni­ge po­si­sie in die ag­ter­lyn suk­ses­vol kan speel. Hy blink uit op sen­ter vir die Ho­ër­skool Gars­fon­tein, maar hy het reeds in die Blou Bul­le se Cra­ven­week-span ge­wys hy is ewe tuis op heel­ag­ter. Sy aan­val­len­de ver­moë sal teen­stan­ders baie be­sig hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.