Bul­le droom nou van Cur­rie­be­ker

Wil jong ta­lent in­span

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Die Cur­rie­be­ker-eind­stryd op 28 Ok­to­ber.

Ter­wyl die Leeus, Haaie en die S­tor­mers se fo­kus op uit­klop­rug­by in die Su­per­reeks is, is dít nou die nu­we mik­punt op Lof­tus Vers­feld.

Die Bul­le het Sa­ter­dag in P­re­to­ria hul swak­ste veld­tog se­dert 2002 in die Su­per­reeks af­ge­sluit met ’n ne­der­laag van 33-41 teen die S­tor­mers.

Nollis Ma­rais, wat die Lig­blou­es in die Cur­rie­be­ker-kom­pe­ti­sie sal brei, is ná die te­leur­stel­ling vuur en vlam om – soos sy men­tor, Hey­ne­ke Mey­er, in 2002 – die saak reg te stel.

Die Bul­le het 15 jaar ge­le­de nie ’n en­ke­le wed­stryd in Su­per­rug­by ge­wen nie, maar het la­ter die jaar die Cur­rie­be­ker oor­tui­gend ver­o­wer.

“Ons het teen die Kings en S­tor­mers ver­loor, maar ek voel tog daar was goeie vor­de­ring die af­ge­lo­pe drie we­ke.

“Die ge­vaar was dat ons van­dag (Sa­ter­dag) boe­del kon oor- gee om­dat daar niks was om voor te speel nie. Die ou­ens wou eg­ter graag met ’n goeie ver­to­ning ein­dig en ons het goeie rug­by ge­sien,” sê Ma­rais.

Die Ja­pan­ne­se skeids­reg­ter S­hu­hei Ku­bo se han­te­ring van die wed­stryd was ag­ter­na ver­staan­baar ’n brand­punt. Dit het met tye voor­ge­kom of Ku­bo nie heel­te­mal in be­heer is nie.

Ma­rais sê pront­uit hy voel Ku­bo het sy span by die af­breek­pun­te be­na­deel.

“Ek het nie saam­ge­stem met van die be­slui­te wat (by die af­breek­pun­te) ge­maak is nie. Ek dink ons is te na ge­kom met een of t­wee be­slui­te wat tot drieë vir die S­tor­mers ge­lei het.”

Die Bul­le was in die eer­ste helf­te in ’n s­ta­di­um 21-12 voor en het sterk te­rug­ge­kom toe die S­tor­mers ná rus­tyd ’n voor­sprong van 34-21 op­ge­bou het.

Met die tel­bord op 34-33 was dit eg­ter die S­tor­mers wat met die drie van Se­a­be­lo Se­nat­la die uit­klop­hou ge­gee het.

“Ek voel te­vre­de met ons spel. Ons het die laas­te ruk baie aan ons re­ak­sie­spoed en kom­mu­ni­ka­sie ge­werk. Ek is oor­tuig ons is op die reg­te pad.”

’n He­le paar Bul­le se aan­de­le het skerp ge­styg die laas­te ruk – ver­al die vleu­el Dun­can Mat­thews s’n. Hy is ’n o­pen­ba­ring se­dert hy ’n kans ge­kry het weens ’n mag­dom be­se­rings on­der die Bul­le se vleu­els.

Die S­pring­bok Jam­ba U­len­go sal suk­kel om die be­gin­span te haal wan­neer hy weer be­skik­baar is.

“Dun­can het sy kans ge­bruik en hy gaan ’n fak­tor wees in die Cur­rie­be­ker. War­rick (Ge­lant) speel ook uit­ste­ken­de rug­by en ek is op­ge­won­de oor die ag­ter­lyn.

“RG (Sny­man) was baie goed van­dag en ek dink Al­lis­ter (Coet­zee) het ken­nis ge­neem van hom. Dit is reg­tig jam­mer dat hy en Ja­son Jen­kins nou Ja­pan toe gaan.”

Ma­rais sê daar gaan heel­wat jong ta­lent in die Cur­rie­be­ker­reeks in­ge­span word.

“Daar is op skrum­ska­kel ta­lent­vol­le man­ne soos I­van van Zyl en An­dré War­ner wat ek wil be­trek.

“Ons groot pro­bleem kan op slot kom. Ek oor­weeg in dié s­ta­di­um vir Ru­ben van Heer­den en Ir­né Herb­st as slot­paar, maar ek is nie se­ker hoe Ir­né se be­se­ring (har­sing­skud­ding) daar uit­sien nie.”

Fo­to: GALLO I­MA­GES

Dun­can Mat­thews (mid­del), die Bul­le se lin­ker­vleu­el, het Sa­ter­dag teen die S­tor­mers weer ’n blink ver­to­ning ge­le­wer. Hy het een van sy span se vyf drieë ge­druk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.