Grand Slams dryf Gar­bi­ne

Beeld - - Sport - – te­le­graph.co.uk, eu­ro­sport.co.uk

Sy wil eer­der daar­op fo­kus om meer Grand Slam­ti­tels ag­ter haar naam te skryf as om die voor­ste spe­ler ter wê­reld te wees.

So sê die 23-ja­ri­ge Gar­bi­ne Mu­gu­ru­za van S­pan­je, wat Sa­ter­dag die Wim­ble­don-vrou­e­ti­tel ge­wen het. Sy het die vyf­ma­li­ge kam­pi­oen Ve­nus Wil­li­ams van die VSA in skoon stel­le met 7-5, 6-0 ge­klop.

“Dit is ’n an­der ge­voel. Ek weet nie hoe dit voel om nom­mer een in die wê­reld te wees nie. Ho­pe­lik kan ek dit een­dag word en met dié ge­voel ver­ge­lyk, maar vir eers sal ek eer­der meer Grand Slams wen,” sê sy.

Haar oor­win­ning by Wim­ble­don kom na­dat sy ver­le­de jaar die Fran­se Ope-ti­tel ge­wen het.

“My mo­ti­ve­ring is om ’n goeie ten­nis­spe­ler te wees en om ’n be­drei­ging by die Grand Slam-toer­nooie te wees. Dit is waar­voor ek oe­fen, waar­voor ek gim­na­si­um toe gaan. Ek her­in­ner my­self dat as ek hard werk, ek ’n kans het om ’n eind­stryd te haal. Rang­lys­po­si­sies is ty­de­lik, maar ek wil reg­tig ’n goeie spe­ler wees,” sê Mu­gu­ru­za.

Die S­pan­jaard (wat in Ve­ne­zu­e­la ge­bo­re is) was met die aan­vang van Wim­ble­don 15de op die wê­reld­rang­lys, maar sal van­dag na vyf­de op­skuif.

Ka­ro­li­na P­lis­ko­va van die T­sjeg­gie­se Re­pu­bliek word nou die voor­ste spe­ler ter wê­reld. P­lis­ko­va ont­troon die Duit­ser An­ge­li­que Ker­ber as nom­mer een.

“Dit is moei­lik om suk­ses­vol te wees. Daar is so­veel ver­wag­tin­ge. Ho­pe­lik kan ek ne­de­rig bly,” het Mu­gu­ru­za ge­sê.

Fo­to: AP

Gar­bi­ne Mu­gu­ru­za met die Ve­nus Ro­se­wa­ter­tro­fee wat sy as Wim­ble­don­vrou­e­kam­pi­oen ont­vang het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.