21­60 of 34­26: Wat wag dié keer?

Beeld - - Sport - Stephen Nell

Om die S­tor­mers tot ver­be­te­ring te maan ná ’n wen teen die Bul­le op Lof­tus, klink vir Ka­pe­naars se­ker soos om met ’n wit­brood on­der al­bei arms te kla.

Die re­a­li­teit is eg­ter dat Rob­bie F­leck se span met ras­se skre­de sal móét ver­be­ter op sy se­ge van 41-33 in P­re­to­ria om die C­hiefs in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-kwart­eind­stryd op Nu­we­land te kan klop.

Ten min­ste weet die S­tor­mers dit sit in hul broe­ke. Hul­le het die C­hiefs in Maart met 34-26 in die Kaap ver­slaan in ’n merk­waar­di­ge om­me­keer van ver­le­de jaar se kwart­eind­stryd. Toe was die C­hiefs met 60-21 baas.

Hier­die keer is die C­hiefs weer op pad en sal ons ’n goeie per­spek­tief kry op die vor­de­ring wat die S­tor­mers in hul twee­de jaar on­der F­leck se af­rig­ting ge­maak het.

“Ek sal nooit ver­geet wat ver­le­de jaar ge­beur het nie,” sê die S­tor­mers se kap­tein, Siya Ko­li­si.

“Nie­mand van ons wil toe­laat dat so iets weer ge­beur nie. Ons is van­jaar ook ’n heel an­der span as toe.”

In al­le eer­lik­heid is die S­tor­mers ook ’n an­der span as wat die C­hiefs in Maart ge­klop het. En on­ge­luk­kig nie ’n be­ter een nie. Dit voel am­per as­of daar so­veel e­mo­si­o­ne­le e­ner­gie in daar­die wed­stryd in­ge­gaan het dat dit ’n am­per­se eind­stryd was.

Se­dert­dien het die S­tor­mers ’n paar na­re ge­woon­tes op die ver- de­di­ging aan­ge­leer.

’n Ewe groot bron van kom­mer is hul swak lyn­staan­spel. En dít met t­wee S­pring­bok-slot­te, ’n Bok-ha­ker én veer­krag­ti­ge los­voor­spe­lers. As die kort­slui­tings nie van­dees­week dáár aan­ge­spreek gaan word nie, kan die S­tor­mers maar van die half­eind­ron­de ver­geet.

Dit gaan ewe veel moei­te verg om die ver­de­di­ging op te knap. Nieu-See­land­se span­ne is ver­al ge­vaar­lik op die ge­bied van om­keer­be­sit. Die S­tor­mers se be­na­de­ring op Lof­tus Sa­ter­dag was ’n re­sep om ewe veel ke­re as in ver­le­de jaar se kwart­eind­stryd on­der hul eie pa­le te staan.

Om te wil weg­wens dat die S­tor­mers Sa­ter­dag bit­ter na­by daar­aan ge­kom het om die wed­stryd teen die Bul­le weg te smyt, is om in ont­ken­ning te leef.

Die “an­der span” as ver­le­de jaar s’n waar­na Ko­li­si ver­wys, is een wat met vry­er teu­els speel.

“Ons wil nie vol­gens die SuidA­fri­kaan­se ste­re­o­ti­pe speel nie,” sê hy. “As die ge­leent­heid daar is om uit ons kwart­ge­bied te hard­loop, moet ons dit doen. Ons wil meer met die bal speel, be­ter skop en slim­mer be­slui­te neem. In die ver­le­de was ons ge­pro­gram­meer wat om te doen.”

Ko­li­si was aan die woord ná die broek­skeur­se­ge op Lof­tus – ’n wed­stryd waar­in die S­tor­mers hul­le juis nie op slim rug­by of goeie be­slui­te kon roem nie.

Hul­le was slim ge­noeg om die Bul­le te klop. Maar dié Bul­le is be­teu­terd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.