Haaie het nié op­set­lik ver­loor nie, sê Ro­bert

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Dit was nié die Haaie se stra­te­gie om eer­gis­ter­aand in Dur­ban teen die Leeus te ver­loor om so­doen­de ’n her­ont­moe­ting met dié span in Jo­han­nes­burg te be­spreek nie.

Ro­bert du P­reez, die Haaie se brei­er, het e­ni­ge be­spie­ge­ling ná sy span se Su­per­rug­by-ne­der­laag van 10-27 op Kings­park nek om­ge­draai.

As die Haaie ge­wen het, sou hul­le na Nieu-See­land moes reis vir ’n kwart­eind­stryd.

“Nee, dit was nie ons stra­te­gie om te ver­loor nie. Ek het nie ’n pro­bleem daar­mee om te ver­loor as jy jou bes­te gee nie. Al­mal sou daar­mee te­vre­de wees, ons on­der­steu­ners sou daar­mee te­vre­de wees,” sê Du P­reez.

“Ek was nie te­vre­de met die ma­nier waar­op ons ge­speel het nie. Daar was geen moei­te van die spe­lers se kant af nie,” sê hy.

Du P­reez sê hy sou dink die spe­lers het geen mo­ti­ve­ring no­dig vir ’n groot Suid-A­fri­kaan­se derby nie.

“Ek dink ons moet die spe­lers vra wat aan­ge­gaan het. Daar be­staan by my geen twy­fel nie dat ons ’n goeie rug­by­span is. Ons het baie ta­lent­vol­le spe­lers. Maar dalk moet daar na par­ty van die spe­lers se gees­te­li­ke taai­heid ge­kyk word,” sê hy.

Die brei­er is nie­te­min po­si­tief oor die span se kans om vol­gen­de week op El­lis­park te wen.

“Dit is ’n eind­stryd. Ons het al­les om voor te speel. Ons het een kans. Dit is nou in die spe­lers se han­de.”

As hy ho­lis­ties na die sei­soen kyk, is daar een ding wat hom te­leur­stel. “Daar was wed­stry­de wat ons moes wen, wat ons weet ons moes wen. Dit is die te­leur­stel­len­de as­pek van die sei­soen, dat ons een week goed ge­speel het en die vol­gen­de week swak. Maar ons het nou een kans en ons moet dit laat geld.”

Fo­to: GALLO I­MA­GES

Dan du P­reez, die Haaie se agt­ste­man, be­mees­ter ’n lyn­staan­bal teen die Leeus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.