Ha­mil­ton e­we­naar re­kord ná 5de B­rit­se se­ge

Beeld - - Sport -

Le­wis Ha­mil­ton (Mer­ce­des) het gis­ter For­mu­le Een se B­rit­se Grand P­rix op Sil­vers­to­ne vir ’n vyf­de keer voor sy tuis­ska­re ge­wen en daar­deur die re­kord­ge­tal oor­win­nings van die le­gen­da­rie­se Jim Clark en Alain Prost ge­ë­we­naar.

Ha­mil­ton se Mer­ce­des-span­maat, Valt­te­ri Bot­tas, was twee­de na­dat Ki­mi Rai­k­ön­nen en Se­bas­ti­an Vet­tel (al­bei Fer­ra­ri) in die laas­te rond­te lek­ban­de op­ge­doen het.

Rai­k­ön­nen het nie­te­min der­de ge­ëin­dig en Vet­tel se­wen­de.

Vet­tel (177 pun­te) is steeds voor op die al­ge­he­le pun­te­lys, maar Ha­mil­ton (176) blaas nou in sy nek.

Ha­mil­ton, wat die ren nou vier keer in ’n ry ge­wen het, is vroe­ër van­dees­week ge­kri- ti­seer om­dat hy nie ’n pro­mo­sie saam met die an­der ja­ers by­ge­woon het nie en eer­der ’n paar dae in G­rie­ke­land deur­ge­bring het.

Hy het gis­ter tong uit­ge­steek en eers lank saam met sy on­der­steu­ners fees­ge­vier ter­wyl Bot­tas en Rai­k­ön­nen by die me­di­a­kon­fe­ren­sie ver­veeld op hom ge­wag het. “Daar is geen re­de om my voor­be­rei­dings te be­vraag­te­ken nie,” het Ha­mil­ton ge­sê. “My ver­to­nings spreek van­self. As jul­le nie teen dié tyd weet dat daar niks mee skort nie, sal jul­le nooit weet nie.”

Rai­k­ön­nen en Vet­tal was al­bei dronk­ge­slaan oor hul lek­ban­de. “Ek glo nie e­nig­een kan ge­bla­meer word nie. Ki­mi het die­self­de pro­bleem on­der­vind en sy ban­de was so­wat vyf, ses rond­tes nu­wer. Dit het ons al­bei on­kant be­trap,” het Vet­tel ge­sê.

“Ek weet nie wat ge­beur het nie. Ek het niks ge­tref nie en was ge­luk­kig én on­ge­luk­kig. My voor­ste lin­ker­band het ge­bars en ge­luk­kig was ek gou in die kui­pe. Die mo­tor was da­rem in een stuk,” het Rai­k­ön­nen ge­sê.

Fo­to: REU­TERS

Dis my­ne! ’n Ver­heug­de Le­wis Ha­mi­ton na­dat hy gis­ter op Sil­vers­to­ne die B­rit­se For­mu­le Een­Grand P­rix ge­wen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.