Nie eens stuk­ken­de fiets kan Froome stuit

Beeld - - Sport -

Die Ne­der­lan­der Bau­ke Mol­le­ma van Trek-Seg­af­re­do het gis­ter die 15de skof van die Tour de Fran­ce ge­wen na­dat Chris Froome van Te­am Sky weer ge­wys het van wat­ter stof­fa­sie hy ge­maak is.

Die skof oor 189,5 km het van Lais­sac Se­ver­ac l’E­g­li­se na Le Puy en Ve­lay ge­strek en het t­wee ka­te­go­rie een-klim­me in­ge­sluit.

Die­go U­lis­si (UAE E­mi­ra­tes) was twee­de, To­ny Gal­lo­pin (Lotto Sou­dal) der­de, P­ri­moz Ro­g­lic (Te­am Lotto NL) vier­de en Warren Bar­guil (Te­am Sun­web) vyf­de.

Froome is steeds die al­ge­he­le voor­lo­per na­dat hy 28ste in die skof ge­ëin­dig het. Fa­bio Aru (Asta­na) is 18 se­kon­des ag­ter hom met Ro­main Bar­det (AG2R La Mon­di­a­le) der­de.

Froome het by­na 45 se­kon­des teen die eer­ste klim ver­loor na­dat hy ’n pap wiel moes om­ruil. Maar hy het vas­ge­byt en met die hulp van sy span­maat Mi­kel Lan­da die groep voor hom bo-op die berg in­ge­haal.

“Daar is nie ’n ver­ve­li­ge oom­blik op dié toer nie. Ek moes my wiel op ’n baie on­ge­leë tyd om­ruil. Ek is baie dank aan my span­maats ver­skul­dig,” het Froome ge­sê.

“Mi­kel is fan­tas­ties, die he­le span is on­ge­loof­lik. Ek is dood­moeg, van­aand gaan ek flou val. Ek is gaar.”

To­ny Mar­tin van Ka­tusha Al­pe­cin het ge­sê Froome is die e­nig­ste ja­er wat van van só ’n si­tu­a­sie af kon te­rug­veg. “Die an­der het dit nie uit­ge­buit nie, maar ek is baie bly dat hy te­rug­ge­veg het, want jy wil nie hê dat die Tour op só ’n wy­se moet ein­dig nie.” ) Suid-A­fri­ka se Louis Mein­tjes (UAE E­mi­ra­tes) het 34ste in die skof klaar­ge­maak, maar tot die al­ge­he­le agt­ste po­si­sie op­ge­skuif. Hy is steeds twee­de in die af­de­ling vir jong ja­ers.

Van­dag is ’n rus­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.