Jong Pro­te­as ein­dig ses­de

Beeld - - Sport - – Ann­chen Nel

Suid­A­fri­ka se o.21­net­bal­span moes gis­ter met die ses­de plek in die Wê­reld­jeug­toer­nooi in Ga­boro­ne, Botswa­na, te­vre­de wees.

Hy het sy vyf­de plek van die vo­ri­ge toer­nooi in 2013 in Glas­gow, S­kot­land, met vyf doe­le mis­ge­loop.

Ja­mai­ka het die uit­speel­stryd met 52­47 ge­wen.

Suid­A­fri­ka het ge­mik om vier­de in dié toer­nooi te ein­dig.

Do­ret­te Ba­den­horst, die SA af­rig­ter, sê jy kan nie ’n span soos Ja­mai­ka klop met ’n doel­ge­mid­del­de van 71% nie.

“As die bal­le nie in­val nie, kan jy nie wen nie. Hul doel­skie­ters was baie ak­ku­raat. Ons sal moet leer om ak­ku­raat te wees on­der druk,” sê sy. “Ja­mai­ka het goed ge­speel. Dit was moei­lik om bal­be­sit om te keer. Hy het se­ker ge­maak sy doe­le tel.”

Die Ja­mai­ka­ne was ná die eer­ste kwart met 9­8 voor en met rus­tyd met 24­22. Die wen­span het in die der­de kwart na ’n ho­ër rat oor­ge­ska­kel, die mo­men­tum be­hou en was koel en kalm on­der druk. In die laas­te kwart het el­ke span 15 doe­le by­ge­voeg, maar die Suid­A­fri­ka­ners kon nie ’n ag­ter­stand van vyf doe­le uit­wis nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.