Pro­te­as skok Yanks

Beeld - - Sport - Nus Kok – Mar­

Die Suid­A­fri­kaan­se vroue­hok­kie­span het sy plek in die kwart­eind­ron­de van die Wê­reld­li­ga­half­eind­toer­nooi by Wits be­spreek deur die VSA gis­ter met 3­2 te skok.

Die Pro­te­as is net der­tien­de op die wê­reld­rang­lys – se­we po­si­sies la­er as die A­me­ri­ka­ners – maar het hul nie daar­deur laat on­der­kry nie.

Teen die 45ste mi­nuut was die tuis­span nog met 1­2 ag­ter, maar t­wee vin­ni­ge doe­le deur Can­di­ce Ma­nu­el het die Suid­A­fri­ka­ners se neu­se voor ge­kry. Hul­le het nie weer te­rug­ge­kyk nie. Suid­A­fri­ka sal Dins­dag in die kwart­eind­ron­de te staan kom teen Duits­land (nr. 7 in die wê­reld).

Die SA mans (nr. 15 op die wê­reld­rang­lys) moet Bel­gië (vyf­de in die wê­reld) van­dag klop om ook vir die vol­gen­de ron­de te kwa­li­fi­seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.