Re­ën­dans of ei­er­dans

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Dit was nie al­tyd aan­trek­li­ke krie­ket nie, maar Suid-A­fri­ka se kol­wers het En­ge­land nie­te­min gis­ter in die grond in ge­boor om to­ta­le be­heer van die twee­de toets te neem.

En­ge­land het 1 son­der ver­lies ná vier boul­beur­te in sy twee­de beurt met die uit­skei­tyd be­reik. Dit was na­dat Faf du P­les­sis be­sluit het om die Pro­te­as se beurt ge­sluit te ver­klaar op 343/9. En­ge­land is dus die taak ge­stel om 474 vir die se­ge te be­haal.

En­ge­land gaan nou die wê­reld­re­kord vir die groot­ste suk­ses­vol­le lo­pie-jaag­tog moet breek om die toets te wen. Die hui­di­ge re­kord is 418. Meer re­a­lis­ties gaan En­ge­land am­per t­wee dae moet oor­leef om dié toets te wen en sy voor­sprong in die toets­reeks te hou.

Die an­der al­ter­na­tief – om­dat die toets in En­ge­land is – is om te be­gin bid vir re­ën.

Die kolf­blad het gis­ter op die der­de dag klaar ge­wys dat hy be­gin ver­weer het. Daar was on­e­we­re­di­ge wip vir die naat­bou­lers en ook baie meer draai vir die draai­bou­lers. En soos al­tyd op T­rent B­rid­ge was daar ook be­we­ging deur die lug.

Die Pro­te­as het die dag be­gin op 75/1 en die eer­ste uur was nie mak­lik voor die pen­ne nie. Ja­mes An­der­son en Stuart Bro­ad het ge­wys waar­om hul­le En­ge­land se bes­te bou­lers is en het al­bei ge­reeld die bui­te­rand ge­klop. Hul­le het ook ’n paar keer die bui­te­rand ge­vang, maar die bal­le het meest­al in die ga­pings in ge­vlieg.

Hashim Am­la (87) en De­an El­gar (80) het hard ba­klei om hul paal­tjies te be­skerm en 132 lo­pies om die twee­de paal­tjie by­ge­voeg om Suid-A­fri­ka se hou- vas te ver­sterk. Am­la en die kap­tein, Faf du P­les­sis, het vir ’n lang pe­ri­o­de tus­sen mid­dag­e­te en die tee­pou­se vas­ge­skop.

Die Pro­te­as het in ’n s­ta­di­um net 26 lo­pies in 13 boul­beur­te aan­ge­te­ken, maar Du P­les­sis en Am­la was lek­ker ge­dul­dig.

Dit was ook ’n be­wys dat die lei­er­skap in die Pro­tea-kamp veel be­ter was in dié toets met die te­rug­keer van Du P­les­sis. Die Pro­te­as het nooit be­heer ver­loor nie.

Dit be­te­ken eg­ter nie dat En­ge­land nie goed ge­boul het nie. An­der­son en Bro­ad het soos al­tyd ge­wys wat in hul­le steek, en Ben S­to­kes het sy bes­te ver­to­ning van die reeks ge­le­wer (2/34 van 20 boul­beur­te).

S­to­kes se skit­ter­spel is goeie nuus vir En­ge­land vir die res van die reeks. Maar dit gaan die tuis­span on­ge­luk­kig nie red in dié toets nie.

Fo­to: GET­TY I­MA­GES

Faf du P­les­sis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.