Ac­kers: Leeus be­gin nou weer van voor af

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Dit is won­der­lik om te weet hul­le hoef nou net by die huis te speel.

Maar die Leeus be­sef ook “die huis” gaan nie vir hul­le wed­stry­de wen nie.

Dit was die woor­de van Jo­han Ac­ker­mann, af­rig­ter van die Leeus, na­dat sy span Sa­ter­dag­aand die Haaie in ’n suk­kel­ver­to­ning met 27-10 in Dur­ban ge­klop het.

Met dié weg­se­ge het die Leeus eer­ste op die Su­per-pun­te­lys ge­ein­dig, dank­sy die Hur­ri­ca­nes se se­ge vroe­ër in die dag oor die Cru­sa­ders.

Die Leeus het met 65 liga­pun­te klaar­ge­maak, ter­wyl die Cru­sa­ders op 63 ge­ëin­dig het.

Daar­mee het die Leeus ver­se­ker dat hul­le die tuis­voor­deel van El­lis­park se Leeu­kuil sal hê, so­lank hul­le aan­hou wen.

Deur bo­aan die pun­te­lys te ein­dig en die lok­aas van ’n tuis­eind­stryd op El­lis­park te hê, hou dit baie groot fi­nan­si­ë­le voor­de­le vir die Leeus in.

“Ons lot is nou in ons eie han­de,” sê Ac­ker­mann.

“Tog moet ons ont­hou al­les be­gin nou weer op 0-0 en wat tot dus­ver ge­beur het, gaan net mooi niks tel nie. Dit is nou uit­klop­rug­by en een sleg­te dag kan jou ein­de be­te­ken. Daar is nie nou tyd vir gly nie.

“In die kwart­eind­ron­de gaan daar ver­al druk op die tuis­span wees, maar ons gaan be­slis nie ons in­ge­steld­heid ver­an­der en nou skie­lik meer kon­ser­wa­tief be­gin speel nie.

“Ons gaan bly by ons hoek­ste­ne: Dit is om te speel tot eer van God en om drieë te druk. Doen ons dit, sal die uit­slag na hom­self om­sien.

“Ons leef en val daar­by om op­win­den­de rug­by te speel en wei­er om daar­van af te wyk,” sê Ac­ker­mann.

Hy maan dat die Leeus ’n “ys­li­ke ver­be­te­ring sal moet toon” op hul ver­to­ning teen die Haaie.

“Ons kon net nie mo­men­tum kry nie en die ag­ter­lyn kon nie aan die gang kom nie. Die straf­skop­pe wat ons by die skrums af­ge­staan het, is ook kom­mer­wek­kend. Daar was ook te veel los oom­blik­ke soos die mak­li­ke drie wat ons af­ge­staan het.

“Die Haaie gaan met ’n e­nor­me aan­slag kom. Hul­le sal voel hul­le kan sorg­vry speel en daar­om moet ons deeg­lik voor­be­reid wees,” sê Ac­ker­mann.

“Ons sal wel tot ’n ma­te self­ver­troue neem uit die feit dat ons hier op Kings­park kon wen,” glo hy.

“Dis­si­pli­ne gaan be­lang­rik wees en ons sal moet aan­pas om­dat daar so baie druk sal wees. Ons sal die Haaie re­spek moet be­toon. Ons kan nie net dink om­dat ons nou by die huis speel, gaan dit nood­wen­dig ’n se­ge wees nie.

“Ons in­ten­si­teit en ak­ku­raat­heid moet baie ver­be­ter. Ons het heel­te­mal te veel fou­te ge­maak en bal­be­sit ver­loor.

“Die Haaie gaan ’n groot toets wees en dit gaan ’n ver­be­te stryd tot die ein­de wees,” voor­spel hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.