Faf maak die ver­skil om SA te laat ge­dy

Beeld - - Front Page - Al­tus Mom­berg

’n Kap­tein lyk al­tyd slim wan­neer sy span wen, maar in dié ge­val was daar ’n he­le paar be­slui­te waar Faf du P­les­sis sy stem­pel af­ge­druk het.

So skryf Al­tus Mom­berg oor Suid-A­fri­ka se te­rug­veg­po­ging teen die En­gel­se.

S­kaars ’n week na­dat die Pro­te­as skan­de ge­maak het in die eer­ste krie­ket­toets teen En­ge­land, het hy die En­gel­se bin­ne vier dae met 340 lo­pies ver­ne­der.

Die Pro­te­as het in dié twee­de toets op T­rent B­rid­ge in Not­ting­ham net 44.2 boul­beur­te no­dig ge­had om En­ge­land gis­ter vir 133 lo­pies in sy twee­de beurt uit te haal.

Dit was ’n ver­stom­men­de om­me­keer vir ’n span wat ver­le­de na­week op Lord’s ge­lyk het of hy in ’n kri­sis is.

Du P­les­sis, wat ty­dens die eer­ste toets in Suid-A­fri­ka was, het van Don­der­dag­og­gend af nie ’n voet ver­keerd ge­sit nie.

Suid-A­fri­ka het “goed ge­boul, vas­be­ra­de ge­kolf en ver­nuf­tig veld­werk ge­doen, maar hul­le is bo­wen­al goed aan­ge­voer” het The Gu­ar­di­an se aan­lyn krie­ket­kom­men­ta­tor Tim de Lis­le oor Du P­les­sis se te­rug­keer ge­skryf.

S­kaars ’n week na­dat SuidA­fri­ka skan­des ge­maak het in die eer­ste krie­ket­toets teen En­ge­land, het hy met me­ning te­rug­ge­slaan om die En­gel­se bin­ne vier dae met 340 lo­pies te ver­ne­der.

Die Pro­te­as het in dié twee­de toets op T­rent B­rid­ge in Not­ting­ham net 44.2 boul­beur­te no­dig ge­had om En­ge­land gis­ter vir 133 lo­pies in sy twee­de beurt uit te haal.

Dit was ’n ver­stom­men­de om­me­keer vir ’n span wat ver­le­de na­week op Lord’s ge­lyk het of hy in ’n kri­sis is. Hoe­wel die Suid-A­fri­ka­ners drie ver­an­de­rin­ge aan die span ge­maak het wat in die eer­ste toets slae ge­kry het, was dit die te­rug­keer van sy kap­tein, Faf du P­les­sis, wat die groot ver­skil ge­maak het.

Du P­les­sis het van Don­der­dag­og­gend af nie ’n voet ver­keerd ge­sit nie en dit was as­of el­ke be­sluit wat hy ge­neem het, die reg­te een was.

’n Kap­tein lyk al­tyd slim wan­neer sy span wen, maar in dié ge­val was daar ’n he­le paar be­slui­te waar hy sy stem­pel af­ge­druk het.

Die Pro­te­as het die eer­ste toets met 211 lo­pies ver­loor én was vir die twee­de toets son­der een van hul bes­te bou­lers Ka­gi­so Ra­ba­da, wat ge­skors was.

Hul af­rig­ter, Rus­sell Do­min­go, was ook te­rug in Suid-A­fri­ka met deer­nis­ver­lof ná die af­ster­we van sy moe­der.

Du P­les­sis en die span­be­stuur het be­sluit om Chris Mor­ris in die plek van JP Du­miny te kies om die bou­l­aan­val te ver­sterk.

Hy het ook met die lo­ting be- sluit om in moei­li­ke toe­stan­de eer­ste te kolf. Die mees­te ken­ners, in­slui­tend sy En­gel­se e­we­knie, Joe Root, sou eer­der ge­boul het.

Maar dit was die reg­te be­sluit met die kolf­blad wat al moei­li­ker ge­word het.

Sy boul­ver­an­de­rin­ge, veld­pla­sings en plan­ne vir die En­gel­se kol­wers was uit­ste­kend.

Hy het na­tuur­lik puik on­der­steu­ning van sy se­ni­or spe­lers ge­kry.

Du P­les­sis,, Hashim Am­la, De­an El­gar en Ver­non P­hi­lan­der het met die kolf uit­ge­blink.

Dan was P­hi­lan­der (3/24) en Mor­né Mor­kel (0/30) se boul­werk on­ver­be­ter­lik met die nu­we bal.

P­hi­lan­der, wat as die Spe­ler van die Wed­stryd aan­ge­wys is, het gis­ter­og­gend van sy eer­ste bal af die druk op die En­gel­se kol­wers ge­laai.

En­ge­land is die taak ge­stel om in twee dae 474 vir ’n oor- win­ning aan te te­ken, maar kon nooit ’n vas­trap­plek in die beurt kry nie.

Ke­a­ton Jen­nings is in P­hi­lan­der se eer­ste boul­beurt van die dag ge­boul en die paal­tjies het met re­ël­maat ge­val.

En­ge­land was reeds met die mid­dag­e­te op 78/4 diep in die moei­lik­heid. Dit het ná ete net meer as 16 boul­beur­te ge­neem vir die oor­bly­wen­de ses paal­tjies om te val.

Mor­ris (2/7) en Kes­hav Ma- ha­raj (3/42) het ook puik ge­boul.

Ver­al Mor­kel was skit­te­rend en dit is moei­lik om te glo hy kon nié ’n paal­tjie kry nie.

Die der­de toets be­gin vol­gen­de Don­der­dag op die O­val. Ter­wyl Suid-A­fri­ka ver­sterk gaan word met die te­rug­keer van Ra­ba­da, is daar nou erns­ti­ge vrae vir die En­gel­se keur­ders.

Dit is da­rem ver­stom­mend hoe vin­nig sa­ke bin­ne agt dae kan ver­an­der.

Fo­to: REUTERS

Faf du P­les­sis wens Kes­hav Ma­ha­raj ge­luk na­dat hy Jon­ny Bair­stow se paal­tjie gis­ter laat val het.

Fo­to: GETTY IMAGES

Chris Mor­ris is ver­heug na­dat hy gis­ter En­ge­land se ge­vaar­man, Joe Root, se weg­pen ont­wor­tel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.