S­kok na­dat top­berg­fiets­ry­er dood­ge­ry is

Beeld - - Front Page - A­let Jou­bert

Net stuk­ke het oor­ge­bly van die berg­fiets waar­op die ve­te­raan G­reg An­der­son (57) Son­dag in M­pu­ma­lan­ga ge­oe­fen het toe hy blyk­baar teen ’n hoë snel­heid deur ’n voer­tuig ge­tref is.

Die mo­to­ris (28) is op die to­neel in heg­te­nis ge­neem, sê die po­li­sie.

Die man het glo teen ’n hoë snel­heid ge­ry en eers so­wat 200 m van die on­ge­luks­to­neel tot stil­stand ge­kom, het konst. Du­du­zi­le Ma­li­be, woord­voer­der van die po­li­sie- kan­toor in Ha­zy­view, gis­ter ge­sê.

Dit is vol­gens haar nie waar dat dit ’n tref-en-trap-on­ge­luk was nie.

Ma­li­be sê die mo­to­ris se Toyo­ta Tazz is glo on­pad­waar­dig.

Sy bloed is ge­trek om vas te stel of hy on­der die in­vloed van drank was.

Die man sal van­dag in die land­dros­hof in Wit­ri­vier ver­skyn.

An­der­son het op die pad tus­sen Ha­zy­view en Gras­kop ge­oe­fen toe hy ge­tref is, be­rig die fiets­ry­tyd­skrif T­re­ad.

Hy het die uit­mer­ge­len­de Ab­sa Ca­pe E­pic-berg­fiets­wed­ren ne­ge keer vol­tooi en in Maart het hy en sy span­maat, De­on Kru­ger, die twee­de plek in die af­de­ling vir groot­mees­ters be­haal.

An­der­son was ook ’n voor­ma­li­ge wê­reld­kam­pi­oen in sy ou­der­doms­groep, sê Ke­vin Ver­maak, stig­ter van die Ca­pe E­pic, in ’n ver­kla­ring.

“Die nuus oor sy dood is hart­seer. Ons me­de­lye aan sy fa­mi­lie en vrien­de. “Rus in vre­de, G­reg.” Ab­sa, naam­borg van die Ca­pe E­pic, het in so­si­a­le me- dia sy me­de­lye met An­der­son se fa­mi­lie uit­ge­spreek.

“Na­mens die he­le Ab­sa P­ri­de-span, ons diep­ste me­de­lye aan die fa­mi­lie van G­reg An­der­son, wat die na­week tra­gies dood is ter­wyl hy ge­oe­fen het,” lui ’n Fa­ce­book-in­skry­wing.

Vrien­de en span­maats is erg ge­skok oor sy dood.

Tal­le berg­fiets­ry­ers en ook an­der fiets­ry­ers het bood­skap­pe van me­de­lye in so­si­a­le me­dia ge­plaas.

Kru­ger het aan T­re­ad ge­sê An­der­son en sy ge­sin was met va­kan­sie in M­pu­ma­lan­ga toe die on­ge­luk ge­beur het.

Vol­gens T­re­ad word An­der­son oor­leef deur sy vrou, Col­leen, en seuns, Rob, Ry­an en Nick.

Fo­to: T­RE­AD

G­reg An­der­son

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.