Jaag­dui­wel ry o­li­fant­jie in Zim­wild­tuin dood

Beeld - - Front Page - – A­let Jou­bert

Bo: ’n Lid van die trop pro­beer die klein­tjie reg­op kry. Regs: Die klein­tjie se been en rug is ge­breek. Die o­li­fan­te trom­pet­ter ter­wyl hul­le om die o­li­fant­jie op die grond­pad maal.

Die een pro­beer die klein­ding ver­geefs reg­op stoot. Dan trom­pet­ter hul­le weer. Eks­klu­sie­we beeld­ma­te­ri­aal wat deur die web­tuis­te La­test Sig­htings met Tra­vel24 ge­deel is, wys hoe ’n trop des­pe­raat pro­beer om ’n o­li­fant­jie te help wat glo deur ’n voer­tuig ge­tref is.

Die vi­deo is in die H­wan­ge­wild­tuin in Zim­bab­we ge­maak.

“Ek was ge­skok toe ek sien die o­li­fant­jie is deur ’n voer­tuig ge­tref wat ge­jaag het,” sê Hei­di Haas, wat die vi­deo van die ge­beu­re ge­maak het.

“Die he­le o­li­fant­fa­mi­lie het die klein­ding pro­beer help, maar kon niks doen nie.

“Daar was let­ter­lik niks meer wat vir die o­li­fant­jie ge­doen kon word nie om­dat sy been en rug ge­breek is.”

Veld­wag­ters is drin­gend in­ge­roep om te help.

Al ge­na­de was om die o­li­fant­jie uit sy pyn te ver­los.

“Aan al­mal wat wild­tui­ne oor die wê­reld heen be­soek, wees as­se­blief ver­sig­tig.

“Moe­nie die spoed­grens oor­skry nie, want die ver­lies aan le­wens, soos in dié ge­val, is heel­te­mal on­no­dig!” sê Haas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.