Ou­ta ver­kla Mut­ham­bi

Hlau­di se pos, ka­ping van staat is ter spra­ke

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

’n Klag van verraad is by die po­li­sie ingedien teen Faith Mut­ham­bi, mi­nis­ter van staats­diens en ad­mi­nis­tra­sie, weens haar be­weer­de be­trok­ken­heid by staat­skaping, as­ook die aan­stel­ling van Hlau­di Mot­soe­neng by die SAUK.

Die Or­ga­ni­sa­sie teen Be­las­ting­mis­bruik (Ou­ta) het gis­ter be­ves­tig dat hy die klag teen Mut­ham­bi by die po­li­sie in B­rix­ton, Jo­han­nes- burg, ingedien het.

Die klag hou ver­band met Mut­ham­bi se ter­myn as mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie.

Sy is in Maart in pres. Ja­cob Zu­ma se ka­bi­net­s­kom­me­ling van die kom­mu­ni­ka­sie­por­te­feul­je na staats­diens en ad­mi­nis­tra­sie ge­skuif.

Die SAUK se tus­sen­tyd­se raad be- plan ook om Mot­soe­neng, voor­ma­li­ge be­dryfs­hoof van die SAUK, te dag­vaar, het Ti­mesLi­ve gis­ter be­rig.

Dit is om die so­wat R11,4 mil­joen te­rug te kry wat Mot­soe­neng glo in 2016 ge­kry het as deel van ’n bo­nus van R33 mil­joen wat spruit uit die SAUK se tran­sak­sie om die o­pen­ba­re uit­saai­er se ar­gief aan Mul­tiC­hoi­ce te ver­koop.

Die tus­sen­tyd­se raad be­plan glo ook straf­reg­te­li­ke klag­te teen die af­ge­dank­te Mot­soe­neng.

Kai­zer K­ga­ny­a­go, SAUK-woord­voer­der, was nie gis­ter be­skik­baar om kom­men­taar te le­wer nie.

Do­mi­ni­que M­si­bi, por­te­feul­je­di­rek­teur van spe­si­a­le pro­jek­te by Ou­ta, het gis­ter be­ves­tig dat die or­ga­ni­sa­sie die klag teen Mut­ham­bi by die po­li­sie in Jo­han­nes­burg ingedien het oor haar be­weer­de “be­trok­ken­heid by staat­skaping en om­dat sy deur die Gup­tas ge­kaap is”.

Vol­gens M­si­bi het die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad in 2015 be­vind dat Mut­ham­bi ir­ra­si­o­neel en on­wet­tig op­ge­tree het toe sy Mot­soe­neng as be­dryfs­hoof van die SAUK aan­ge­stel het ten spy­te van adv. T­hu­li Ma­don­se­la, voor­ma­li­ge o­pen­ba­re be­sker­mer, se be­vin­dings van mags­mis­bruik, be­drog en wan­ad­mi­nis­tra­sie teen Mot­soe­neng.

“Mut­ham­bi se mags­mis­bruik het ge­lei tot die SAUK se fi­nan­si­ë­le kri­sis, wat die uit­saai­er in skuld van mil­jar­de ran­de ge­dom­pel het.

“Die #Gup­taLe­aks-e-pos-bood­skap­pe het ver­de­re be­wy­se van Mut­ham­bi se skan­de­li­ke en on­wet­ti­ge ge­drag ont­hul. Sy het (na be­we­ring) drie ver­trou­li­ke ka­bi­nets­me­mo­ran­dums met die Gup­tas en Du­du­za­ne Zu­ma (Zu­ma se seun) ge­deel.”

Vol­gens M­si­bi was Mot­soe­neng in­stru­men­teel in die fi­nan­sie­ring van The New Age- ont­byt­pro­gram waar­voor die SAUK so­wat R43 mil­joen aan ’n Gup­ta-be­heer­de maat­skap­py be­taal het.

E-pos het vol­gens M­si­bi ook vry­lik tus­sen Mut­ham­bi se de­par­te­ment en die Gup­tas ge­vloei.

“Hul uit­ein­de­li­ke doel was nóg kon­trak­te, nóg tran­sak­sies, nóg mag en mil­jar­de ran­de uit die staat­skof­fers na die wa­re se­tel van mag, die Gup­tas se hoof­kan­toor in Saxon­wold (Jo­han­nes­burg),” sê M­si­bi in ’n ver­kla­ring.

Faith Mut­ham­bi

Hlau­di Mot­soe­neng

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.