M­be­te ‘moet gou sê oor stem­me­ry’

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, moet teen Vry­dag sê of daar in die ope of in die ge­heim ge­stem sal word in die de­bat oor die mo­sie van wan­troue teen pres. Ja­cob Zu­ma op 8 Au­gus­tus, eis die DA.

Die par­ty het gis­ter­og­gend aan M­be­te ge­skryf en ook ge­ëis dat sy haar as voor­sit­ten­de be­amp­te vir die de­bat moet ont­trek weens haar “slaaf­se ver­de­di­ging” van Zu­ma.

Die par­le­ment het Son­dag ge­sê ne­ge van die 13 par­tye wat in die par­le­ment ver­teen­woor­dig word, het voor­leg­gings ge­doen oor hoe die stem­me­ry in die de­bat moet plaas­vind.

Se­we uit die ne­ge wil hê dit moet ’n ge­hei­me stem­ming wees.

Die ANC het reeds ge­sê hy sal M­be­te steun, wat sy ook al be­sluit.

Zu­ma het in sy laas­te ver­sky­ning in die par­le­ment ge­sê hy ver­kies dat die stem­me­ry net soos in die se­we vo­ri­ge mo­sies van wan­troue teen hom in die ope ge­hou moet word.

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het op 22 Ju­nie ge­sê M­be­te het as spea­ker die dis­kre­sie om te be­sluit of die stem­ming in die ope of in die ge­heim moet plaas­vind.

Die UDM en an­der op­po­si­sie­par­tye het die hof ge­na­der vir ’n be­vel om ’n ge­hei­me stem­me­ry toe te laat om ANC-LP’s wat ten guns­te van die mo­sie van wan­troue wil stem te be­skerm. Die ANC het ge­sê hy sal tug­stap­pe doen teen ANC-LP’s wat die mo­sie steun.

John Steen­hui­sen, hoof­sweep van die DA, het gis­ter ge­sê die par­ty het die brief aan M­be­te ge­stuur.

“Dit is be­lang­rik dat haar be­sluit die toets van ra­si­o­na­li­teit slaag. Dit is nou net sy wat kan be­sluit of dit ’n ope of ge­hei­me stem­ming sal wees. Sy kan nie die ver­ant­woor­de­lik­heid af­skuif nie.

“Daar is geen re­de waar­om die spea­ker haar be­sluit lan­ger hoef uit te stel nie. Ons be­na­druk ook ons ver­soek dat M­be­te haar­self as voor­sit­ten­de be­amp­te moet ont­trek vir die de­bat oor die mo­sie van wan­troue.

“Die spea­ker het ’n lang ge­skie­de­nis waar­in sy haar par­ty­dig­heid in haar slaaf­se ver­de­di­ging van Zu­ma be­wys het en sy is nie ge­skik om in hier­die be­lang­ri­ke de­bat voor­sit­ter te wees nie,” sê Steen­hui­sen.

Ba­le­ka M­be­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.