Gup­tas: SA maak sy stem aan­lyn dik

Beeld - - Nuus - – Fin24

Die sa­me­wer­king deur Suid-A­fri­ka­ners om al­le web­wer­we en so­si­a­le­me­di­a­plat­forms toe te maak wat met die om­stre­de Gup­ta-fa­mi­lie ver­bind word, dui op ’n sterk ge­meen­skaps­fo­kus wat ’n mens laat te­rug­dink aan die be­gin van die in­ter­net.

So sê Arthur Goldstuck, in­ter­net­ken­ner en stig­ter van Wor­ld Wi­de Worx.

Sun­day Ti­mes het die na­week be­rig dat Mar­tin Pe­a­ke, wat in SuidA­fri­ka groot­ge­word het, maar nou in B­rit­tan­je bly, met ’n veld­tog be­gin het wat ge­lei het tot die slui­ting van www.blacko­pi­ni­on.co.za, ’n web­werf wat met die Gup­tas ver­bind word.

Die web­werf is na wat be­rig word ver­bind met die Black First Land First-groe­pe­ring en het Gup­ta-sto­ries be­vat wat so­ge­naam­de wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal aan­val.

Dit is Vry­dag deur die Ver­e­ni­ging van In­ter­net­diens­ver­skaf­fers ge­sluit.

Goldstuck sê dit is moei­lik om ’n web­werf ge­sluit te kry net om­dat dit met die Gup­tas ver­bind word.

“Wan­neer ’n lig­gaam in wer­king ge­stel is wat die in­ter­net re­gu­leer, is dit mak­li­ker om ’n web­werf te sluit, ver­al as dit ’n .co.za-do­mein­naam het, ter­wyl ’n hof­be­vel aan ’n in­ter­na­si­o­na­le lig­gaam voor­ge­lê moet word wan­neer dit ’n .com-do­mein­naam het,” sê Goldstuck.

Plaas­li­ke T­wit­ter-ge­brui­kers het ook cha­os op dié so­si­a­le­me­di­a­plat­form vir die om­stre­de fa­mi­lie ver­oor­saak deur by T­wit­ter te kla oor vals pro-Gup­ta-re­ke­nin­ge en oor wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal-uit­la­tings wat met die Gup­tas ver­bind word.

Suid-A­fri­ka­ners het ook die Gup­tas se beeld­poet­ser, die ska­kel­maat­skap­py Bell Pot­tin­ger, waar­van die hoof­kan­toor in Lon­den is, ge­dwing om sy amp­te­li­ke re­ke­ning te sluit na­dat hy ’n stort­vloed van ne­ga­tie­we re­ak­sie van men­se in Suid-A­fri­ka moes ver­duur.

“Die laas­te paar jaar het ons ’n ver­lies ge­sien aan die sterk ge­meen­skaps­fo­kus wat die in­ter­net ge­had het toe dit vir die eer­ste keer in die land ge­bruik is; wat ons nou hier er­vaar, is die te­rug­neem van daar­die ge­meen­skaps­ge­voel,” sê Goldstuck.

Hy sê dit is ver­ba­send dat proGup­ta-veld­tog­te, selfs dié deur Bell Pot­tin­ger, nie pro­fes­si­o­neel be­dryf is nie.

“Web­wer­we wat haat­spraak uit­dra, oor­tree die be­pa­lings en voor­waar­des wat deur gas­heer­maat­skap­pye ge­stel word en word dan na­tuur­lik ge­sluit.

“Die vlak van a­ma­teur­ag­tig­heid in die pro-Gup­ta-veld­tog­te, selfs aan die kant van Bell Pot­tin­ger, is dui­de­lik, selfs al was dit in som­mi­ge ge­val­le doel­tref­fend,” sê Goldstuck.

Wat ons nou hier er­vaar, is die te­rug­neem van daar­die ge­meen­skaps­ge­voel. — ARTHUR GOLDSTUCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.