SAKP dien klag in oor JZ se ‘in­tel­li­gen­sie­ver­slag’

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die egt­heid van die in­tel­li­gen­sie­ver­slag wat pres. Ja­cob Zu­ma ge­bruik het om Pra­vin Gord­han as mi­nis­ter van fi­nan­sies af te dank, word on­der­soek.

Die SAKP, ’n al­li­an­sie­ven­noot van die ANC en een van Zu­ma se fel­ste o­pen­ba­re kri­ti­ci weens be­we­rings van staat­skaping en sy vriend­skap met die Gup­tas, het gis­ter ge­sê die in­spek­teur-ge­ne­raal van in­tel­li­gen­sie on­der­soek die egt­heid van die ver­slag na­dat die par­ty ’n klag daar­oor ingedien het.

Sol­ly Ma­pai­la, twee­de ad­junk-se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die SAKP, het Son­dag­aand in ’n pa­neel­be­spre­king oor kor­rup­sie ge­sê Zu­ma het vir die SAKP “ge­lieg” toe hy Gord­han en M­ce­bi­si Jo­nas, des­tyd­se ad­junk­mi­nis­ter van fi­nan­sies, in Maart af­ge­dank het.

“Jy kan nie in ’n re­vo­lu­si­o­nê­re be­we­ging on­eer­lik wees nie. Ek het baie leu­ens ge­hoor wat die pre­si­dent ver­tel. Dit is waar­om ek nou vir die eer­ste keer in die o­pen­baar kan sê ek het ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring ingedien.”

Zu­ma het óf vir die pu­bliek, óf vir die SAKP ge­lieg.

“Ek moes stap­pe doen om­dat ek meen dit is be­lang­rik om te ver­se­ker dat hy ge­trou bly aan die ver- bin­te­nis van ons be­we­ging,” het Ma­pai­la lui­dens eNCA in die pa­neel­be­spre­king ge­sê.

Die SAKP wil nie meer as dit in die o­pen­baar be­spreek nie om­dat dit ’n regs­pro­ses is en hy wil dit nie in die ge­drang bring nie.

Die in­tel­li­gen­sie­ver­slag het glo ge­lui dat Gord­han-hul­le in­ter­na­si­o­na­le be­leg­gers wou mo­bi­li­seer om die staat om­ver te werp. Gord­han en Jo­nas het dit hef­tig ont­ken.

Die SAKP wil hê die in­spek­teur­ge­ne­raal moet die egt­heid van die ver­slag on­der­soek om­dat dit as re­de (aan die SAKP) voor­ge­lê is oor waar­om Gord­han en Jo­nas af­ge­dank moes word.

Pres. Ja­cob Zu­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.