Kom­mis­sie hoor van huur­moor­de en Zu­ma se be­weer­de rol

Beeld - - Nuus - – EWN

Die Moe­ra­ne-kom­mis­sie wat die po­li­tie­ke moor­de in K­waZu­lu-Na­tal on­der­soek, het ge­hoor dat pres. Ja­cob Zu­ma dalk by die ge­weld daar be­trek kan word.

Die on­der­soek word ge­doen na die on­der­lig­gen­de stro­min­ge in dié pro­vin­sie en hoe­kom geen in­heg­te­nis­ne­mings nog ge­doen is nie ten spy­te daar­van dat 89 men­se se­dert Maart 2014 ver­moor is.

Die G­le­be­lands-hos­tel in Um­la­zi is gis­ter be­skryf as die plek waar po­li­ti­ci vir huur­moor­de­naars gaan soek.

Die on­af­hank­li­ke ge­meen­skaps­ak­ti­vis Va­nes­sa Bur­ger het G­le­be­lands be­skryf as ’n plek waar po­li­sie­be­amp­tes wa­pens aan huur­moor­de­naars ver­skaf.

Sy sê die huur­moor­de­naars kry meest­al op­drag­te van po­li­ti­ci en die tax­i­be­dryf.

Op ’n vraag tot wat­ter ma­te die pro­vin­si­a­le moor­de aan na­si­o­na­le fak­sies ge­kop­pel kan word, het Bur­ger aan die kom­mis­sie ge­sê selfs Zu­ma is be­trok­ke deur die­ge­ne in K­waZu­lu-Na­tal wat hom steun.

Sy voer aan die hos­tel is ’n bas­ti­on van die ANC en ’n raads­lid van die par­ty moet by G­le­be­lands aan­bly om geld van die eT­hek­wi­ni-mu­ni­si­pa­li­tiet te fa­si­li­teer.

’n Voor­ma­li­ge in­wo­ner doen nou ’n voor­leg­ging waar­in be­weer word dat ’n po­li­sie­be­amp­te be­trok­ke is en wa­pens ver­skaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.