Ar­gi­tek: Fa­mi­lie kry eie pa­to­loog

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

Die lyk­skou­ing van die ar­gi­tek Ed­ward Blon­ski (32) het sy fa­mi­lie met meer vrae as ant­woor­de ge­laat.

Blon­ski se erg ont­bin­de lyk is ver­le­de Dins­dag, meer as twee we­ke ná sy on­ver­klaar­ba­re ver­dwy­ning, in die vlak kant van die Die­re­tuin­meer in Park­view ge­vind.

Sy be­graf­nis is oor­spronk­lik vir mô­re be­plan en sy lyk is gis­ter aan die fa­mi­lie oor­han­dig, maar die lyk­skou­ing kon nie uit­sluit­sel gee oor die oor­saak van sy dood nie.

“Die oor­saak van Ed­ward se dood is steeds on­be­slis en sy sus­ter het laat weet die fa­mi­lie sal van­dag ’n pri­va­te pa­to­loog aan­stel om klaar­heid oor die pre­sie­se oor­saak van sy dood te kry,” het Ja­c­que­li­ne Wi­j­ten­burg (42), Blon­ski se nig­gie, gis­ter ge­sê.

Vol­gens Wi­j­ten­burg kon die lyk­skou­ing by die staats­lyk­huis weens die er­ge ont­bin­ding van Blon­ski se lyk nie dui­de­lik­heid gee nie en soek die fa­mi­lie steeds na ant­woor­de oor wat ge­beur het.

Wi­j­ten­burg het ver­le­de week op Fa­ce­book ge­skryf oor hoe vreemd dit is om te wag dat die raai­sel oor Blon­ski se dood op­ge­los word.

“Dit is as­of ek nie be­hoor­lik kan kon­sen­treer nie en my a­sem op­hou. Die spie­re rond­om my hart voel ge­span­ne.”

Sy het ge­sê dit is moei­lik om te be­skryf hoe die stand van sa­ke Blon­ski se on­mid­del­li­ke fa­mi­lie raak.

“Om uit­ein­de­lik te weet sy siel het aan­be­weeg, gee ons as fa­mi­lie ’n ma­te van be­rus­ting, maar ons kort nog fei­te­li­ke ken­nis om sin te maak van wat met hier­die kleur­vol­le en kre­a­tie­we per­soon ge­beur het. Die waar­heid gee ’n mens al­tyd ge­moeds­rus wan­neer dit eers ont­bloot word.”

Kry­s­tyna (34), Blon­ski se sus­ter, het ver­le­de week op Fa­ce­book na­mens die fa­mi­lie “uit die diep­te van hul har­te” al­mal be­dank wat hul­le in die soek­tog by­ge­staan het. Sy wou nie gis­ter sy ver­dwy­ning met die me­dia be­spreek nie.

“Die on­der­steu­ning van die aard­se en­ge­le wat aan ons sy ge­staan het, die­ge­ne wat el­ke stap van die pro­ses met ons was, die men­se wat die ge­bro­ke stuk­kies help op­tel het en al die bood­skap­pe van lief­de en on­der­steu­ning wat ons er­vaar het, was ab­so­luut oor­wel­di­gend,” het sy ge­skryf.

Blon­ski, ’n ar­gi­tek van Park­wood, is op 24 Ju­nie vir die laas­te keer op vi­de­o­beeld­ma­te­ri­aal vas­ge­vang ter­wyl hy ge­draf het. Sy fa­mi­lie het ’n soek- tog na hom be­gin toe sy pa, Ka­zik (64), hom nie in die han­de kon kry nie. Kry­s­tyna het die soek­tog saam met haar man, Vaug­han van der Merwe (36), ge­lei.

Sy an­der sus­ter, Bar­ba­ra Blon­ski (30), het van Lon­den af ge­vlieg om na haar broer te help soek. Ed­ward word ook deur sy broers, Ju­li­an (33) en Ro­bert (28), oor­leef. Sy ma, He­len, is tien jaar ge­le­de op 50 jaar oor­le­de.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Ed­ward Blon­ski (32).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.