Vee­arts sal la­ter hoor oor ver­toë

Beeld - - Nuus - – Je­an­ne ­Ma­rié Ver­sluis

’n Vee­arts van Mo­di­mol­le (Nyl­stroom) gaan tot 7 Au­gus­tus moet wag om te hoor of sy ver­toë teen die re­nos­ter­ver­wan­te mis­da­de waar­van die staat hom aan­kla, ge­slaag het.

Dr. Ma­nie du P­les­sis het gis­ter­og­gend in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria ge­hoor die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging, aan wie hy die ver­toë ge­rig het, is nog nie ge­reed om die uit­slag daar­van be­kend te maak nie.

Die staat en ver­de­di­ging het die ver­rig­tin­ge toe laat uit­stel.

Reg­ter E­li­za­beth Ku­bus­hi het Du P­les­sis se borg­tog gis­te­rog- gend ver­leng. Du P­les­sis word saam met ne­ge me­de­be­skul­dig­des in die hoog­ge­regs­hof aan­ge­kla.

As sy ver­toë nie slaag nie, sal hy saam met die res op 29 Ja­nu­a­rie 2018 ver­hoor word.

Sy me­de­be­skul­dig­des is Da­wie Groe­ne­wald, ’n wild­boer van Lim­po­po, Sa­riet­te, Groe­ne­wald se vrou, dr. Ka­rel Toet, ’n vee­arts van Mo­di­mol­le, en dié se vrou, Ma­ri­sa, Tiel­man Eras­mus, Gys du P­reez, Nar­dus Ros­souw, Ja­co­bus Pronk en De­wald Gouws (’n vlie­ë­nier). Die to­ta­le ge­tal aan­klag­te teen die groep is 1 870.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.