Vier vas weens plaas­moord op be­jaar­de

Beeld - - Nuus - – Mi­ke van Rooy­en

Vier mans is vas­ge­trek weens die aan­val en moord op die be­jaar­de Paul Roe­land van die plaas Success tus­sen Vre­de en Cor­ne­lia in die Vry­staat.

Roe­land het by­na twee dae lank swaar ge­wond en hul­pe­loos in sy plaas­huis ge­lê voor­dat hy aan sy be­se­rings dood is.

Sy be­seer­de vrien­din, Tie­na Gro­bler (80), kon nie loop nie en het tot by ’n ven­ster ge­kruip toe sy wer­kers bui­te hoor. Sy het toe a­larm ge­maak.

Bon­ke N­ko­mo (28), M­bon­ge­ni Moyo (23), Ted­dy Si­banda (32) en Re­mem­ba Sit­ho­le (29), al­mal van Jo­han­nes­burg, ver­skyn vroeg in Sep­tem­ber in die rond­gaan­de hof in Beth­le­hem op aan­klag­te van moord, po­ging tot moord en roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de.

Lui­dens die klag­staat het hul­le Sa­ter­dag­aand 3 De­sem­ber ver­le­de jaar Gro­bler in haar slaap­ka­mer in die plaas­huis oor­val.

Hul­le het haar ge­dwing om Roe­land te roep. Hul­le het hom aan­ge­val en wou geld hê.

Roe­land is twee keer ge­skiet. Lui­dens ’n lyk­skou­ings­ver­slag is hy aan veel­vul­di­ge be­se­rings dood.

Die po­li­sie het kort ná die aan­val ge­sê Gro­bler kon eers die Maan­dag om hulp roep toe sy die wer­kers bui­te die huis hoor.

Roe­land is die Maan­dag­og­gend dood voor­dat die wer­kers op­ge­daag het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.