Het­tie be­soek aan­val­ler in tronk

Sy kies ‘teen haat en vrees, er­vaar ge­na­de’

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Be­mag­ti­gend.

Het­tie B­rittz het se­we jaar op dié ge­leent­heid ge­wag: om van aan­ge­sig tot aan­ge­sig voor die man te staan wat haar op 9 Fe­bru­a­rie 2010 ver­krag het.

Le­vy M­pisha Ma­pa­di­meng was 23 toe hy in 2013 tot ef­fek­tief 20 jaar tronk­straf ge­von­nis is op aan­klag van men­se­roof, huis­braak met die op­set om te roof en roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de, dief­stal en verkragting.

Hy was een van ’n groep ge­wa­pen­de mans wat B­rittz en haar man, die gospel­san­ger en aan­bid­dings­lei­er Lou­is, se­we jaar ge­le­de in hul huis in Cen­tu­ri­on aan­ge­val, vas­ge­bind, be­roof en haar ver­krag het.

Reeds kort ná die trau­ma­tie­se voor­val het B­rittz be­sluit om op haar ge­loof in die He­re te steun vir ge­ne­sing en dat sy nie sou toe­laat dat dit haar ge­luk steel nie.

Hoe­wel sy ná Ma­pa­di­meng se von­nis­op­leg­ging des­tyds ge- meen het hy ver­dien sy straf, het sy ge­wei­er om “te vier dat ie­mand weg­ge­sluit word soos ’n ver­roes­te krui­wa. Le­vy het ’n naam, ’n roe­ping en ’n doel. As ek die e­nig­ste een is wat glo Le­vy as mens het waar­de en kan in die han­de van die He­re her­skep word, sal ek ver­baas wees”.

Op Vry­dag 14 Ju­lie het sy ’n ge­leent­heid ge­kry wat vir haar – en die aan­val­ler – af­slui­ting sou bring in ’n slag­of­fer-oor­tre­der-di­a­loog­pro­gram.

Sy het Ma­pa­di­meng in die Man­gaung-ge­van­ge­nis in Bloem­fon­tein be­soek.

Dit is voor­af­ge­gaan deur ’n in­ten­se pro­ses se­dert Fe­bru­a­rie saam met ’n span kun­di­ges van die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te, die Groot­vlei- en die Man­gaung-ge­van­ge­nis, as­ook siel­kun­di­ges en maat­skap­li­ke wer­kers.

“Ek en Le­vy is al­bei eers ge­as­ses­seer om se­ker te maak dat ons ge­reed is vir die pro­ses,” sê B­rittz.

Sy mag nie son­der Ma­pa­di­meng se toe­stem­ming praat oor die in­houd van die ge­sprek tus­sen hul­le nie, maar sy kan wel sê: “Ek kon hom al­les vra, die mo­tief vir daar­die nag, din­ge wat ek wou weet om die prent­jie vir my te vol­tooi, vrae wat my ou­ers en an­der in my ge­meen­skap wou stel.

“Al die woor­de wat ek wou sê, is ge­sê.”

Die bes­te ver­dui­de­li­king van die er­va­ring is haar woor­de op haar Fa­ce­book-blad: “. . . om die a­sem­ro­wen­de prag van ge­na­de te er­vaar . . .

“God se teen­woor­dig­heid in die ver­trek (waar hul­le me­kaar ont­moet het) was ’n be­ken­de een – dit was ’n tas­ba­re na­by­heid van on­voor­waar­de­li­ke lief­de vir die son­daar wat ek is en die son­daar wat Le­vy is.

“Dit was die­self­de teen­woor­dig­heid wat van my ’n oor­win­naar pleks van ’n slag­of­fer ge­maak het daar­die aand,” skryf B­rittz.

“Hoe mag­tig die aan­slag teen die don­ker­te toe ons al­bei téén vrees en haat ge­kies het.

“Wat ’n ver­lies vir die vy­and wan­neer twee men­se saam uit­pak aan ’n le­wens­ver­an­de­ren­de, skan­de­li­ke ont­moe­ting – en al­bei kan weg­stap daar­van met die waar­dig­heid wat aan me­kaar ge­gee is.”

B­rittz skryf ook dat sy on­ge­twy­feld weet dat vry­heid en ge­van­gen­skap min­der te doen het met aan wat­ter kant van die tra­lies ’n mens leef en meer te doen het met die feit “of ons die Een ge­vind het wat die Deur is en die sleu­tels hou”.

Sy is oor­val met bood­skap­pe van on­der­steu­ning, maar ver­al van men­se wat haar be­dank vir haar ge­tui­e­nis.

’n Fa­ce­book-pla­sing ver­woord dit so: “Dan­kie Het­tie. Wa­re vry­heid lê in ver­los­sing wat net deur die ge­na­de van God, die Seun en Hei­li­ge Gees ver­kry word. Die tronk van on­ver­ge­wens­ge­sind­heid maak dood. Jy leer ons deur jou ge­tui­e­nis hoe om wa­re vry­heid te be­leef!”

Het­tie B­rittz het die af­ge­lo­pe week ’n he­len­de ge­sprek met die man ge­had wat haar des­tyds ver­krag het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.