U­ber­be­stuur­der sterf; ‘ge­weld is on­aan­vaar­baar’

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Joe Mas­wan­ga­nyi, mi­nis­ter van ver­voer, wil ver­ga­der met al­le par­tye be­trok­ke by o­pen­ba­re ver­voer, on­der meer U­ber-be­stuur­ders.

Ish­ma­el M­ni­si, sy woord­voer­der, sê die de­par­te­ment han­teer die in­ti­mi­da­sie van U­ber-be­stuur­ders en die ge­weld teen hul­le as drin­gend.

“Dit is heel­te­mal on­aan­vaar­baar. Ons ver­oor­deel die ge­weld teen U­ber-be­stuur­ders. Dit be­ïn­vloed ook die pu­bliek se vei­lig­heid,” sê M­ni­si.

Hy sê so­dra Mas­wan­ga­nyi weet wan­neer al­le par­tye be­skik­baar is, sal ’n ver­ga­de­ring ge­re­ël word.

Sa­man­tha Al­len­berg, woord­voer­der van U­ber A­fri­ka, sê U­ber het ’n drin­gen­de ver­ga­de­ring met Mas­wan­ga­nyi en Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, ge­vra.

Sy wou nie sê of al­bei mi­nis­ters op die ver­soek ge­re­a­geer het nie en sê sy praat nie na­mens die de­par­te­men­te nie.

M­ni­si sê hy is nie be­wus van die ver­soek nie. Vuyo M­han­ga, M­ba­lu­la se woord­voer­der, sê die de­par­te­ment is ook nie be­wus van die ver­soek nie.

Te­re­sa Mun­chick, lid van die U­ber-be­stuur­ders­be­we­ging, sê die ge­weld het tot on­mens­li­ke vlak­ke ge­styg.

“Dié soort da­de is bar­baars. Die hart­seer ding is dat ons voel me­ter­taxi’s se woe­de is mis­plaas.”

Sy sê die hoof­klag­tes is on­reg­ver­di­ge me­de­din­ging en die na­ko­ming van re­gu­la­sies. “Ons stel nie die pry­se vas nie en het niks te doen met die ver­eis­tes nie, ons is net be­stuur­ders wat pro­beer oor­leef.”

Mun­chick sê hul­le kry nie die be­sker­ming wat hul­le no­dig het van die po­li­sie nie en by brand­pun­te, soos Gautrein-sta­sies, moet daar ’n sig­ba­re po­li­sie­teen­woor­dig­heid en geen in­ti­mi­da­sie ge­duld word nie.

Sy sê daar was al voor­val­le van in­ti­mi­da­sie wat in die teen­woor­dig­heid van die po­li­sie plaas­ge­vind het. Die po­li­sie is vol­gens haar traag om te re­a­geer en soms re­a­geer hul­le glad nie. “Ons het al ge­hoor dat die po­li­sie soms wei­er om ’n saak aan te meld en sê daar is te veel van dié klag­te.”

Kapt. Kay Mak­hu­be­le, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der, sê die po­li­sie pa­trol­leer ten al­le tye o­ral en daar is ook vei­lig­heids­wag­te by pro­bleem­ge­bie­de om die in­ti­mi­da­sie en ge­weld te ver­hoed.

In­tus­sen het U­ber be­ves­tig dat die be­stuur­der wat in Ju­nie bui­te Lof­tus Vers­feld in P­re­to­ria in sy mo­tor aan die brand ge­steek is, gis­ter­og­gend dood is.

“(Lin­de­la­ni Mas­hau) is deur ’n klein groep on­be­ken­de men­se aan­ge­val en sy mo­tor is aan die brand ge­steek ter­wyl hy bin­ne was, wat daar­toe ge­lei het dat hy erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen het,” sê Al­len­berg.

Sy sê die voor­val ont­stel al­mal by U­ber. “Dié be­stuur­der was deel van ons ge­meen­skap. Ons dink aan sy fa­mi­lie in hier­die moei­li­ke tyd. Ons is hart­seer oor hier­die tra­gie­se nuus.”

’n S­pan voor­ma­li­ge wets­toe­pas­sers werk saam met die po­li­sie in die on­der­soek na die voor­val.

Al­len­berg sê daar is geen ver­sko­ning daar­voor nie.

Vol­gens haar het U­ber vei­lig­heids­re­ak­sie­span­ne aan­ge­stel om by­ko­men­de vei­lig­heids­on­der­steu­ning by sta­sies te gee.

Mak­hu­be­le sê die po­li­sie on­der­soek nou so­wel ’n moord­klag as ’n klag van die kwaad­wil­li­ge be­ska­di­ging aan ei­en­dom. Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem in ver­band met die voor­val nie.

U­ber het ’n pe­ti­sie aan M­ba­lu­la be­gin en vra die pu­bliek om hul­le te on­der­steun deur dit te te­ken. Dit kan op chan­ge.org ge­vind word.

Dié soort da­de is bar­baars. Die hart­seer ding is dat ons voel me­ter­taxi’s se woe­de is mis­plaas. — TE­RE­SA MUN­CHICK

Joe Mas­wan­ga­nyi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.