SAKP se skuif – skyn­be­we­ging of hou na ANC?

Beeld - - Kommentaar -

Die SAKP se “aan­kon­di­ging” dat die or­ga­ni­sa­sie voort­aan in ver­kie­sings met sy eie kan­di­da­te wil mee­ding, het waar­skyn­lik meer te doen met po­si­si­o­ne­ring in die ANC se lei­er­stryd as e­nig­iets an­ders.

Die par­ty het die laas­te paar maan­de hard pro­beer om hom te po­si­si­o­neer as die ge­we­te van die na­sie oor staat­skaping. Par­ty­lei­ers het we­lis­waar in na­vol­ging van Co­sa­tu die ver­ste ge­gaan om pres. Ja­cob Zu­ma en die Gup­tas by na­me te bla­meer vir kor­rup­sie. En selfs een van Zu­ma se bond­ge­noot­skap­pe, die in­vloed­ry­ke pre­miers­liga, vir “ram­pok­kers” uit­ge­kryt.

Tog is dit be­lang­rik om te ont­hou dat die SAKP aan die voor­punt was om die voor­ma­li­ge pre­si­dent T­ha­bo M­be­ki uit sy amp te ver­wy­der en om Zu­ma ver­kies te kry.

Ver­der het die kom­mu­nis­te ’n ak­tie­we rol ge­speel om baie as­pek­te van die Zu­ma-re­ge­ring tot skaak­mat te dwing deur sterk teen­kan­ting teen die na­si­o­na­le groei­plan, wat in­ter­na­si­o­naal hoog aan­ge­prys is om be­leid­se­ker­heid te bring.

Die lug­leeg­te wat ge­skep is om­dat die groei­plan op die rak ge­bly het, het juis die teel­aar­de ge­skep vir die soort kor­rup­sie wat tot staat­skaping ge­lei het. El­ke staats­de­par­te­ment het in sy eie rig­ting met diens­le­we­ring be­gin trek en was in on­ge­ko­ör­di­neer­de i­so­la­sie kwes­baar vir kor­rup­sie.

Ook is die SAKP re­de­lik goed in die ka­bi­net ver­teen­woor­dig en moes sy le­de daar tog al heel­wat lan­ger ge­le­de snuf in die neus ge­kry het dat iets nie pluis is nie. Uit si­nie­se oor­de is daar selfs die kom­men­taar dat uit­slui­ting van die fees­maal van kor­rup­sie eer­der as be­gin­sels die SAKP se hui­di­ge in­ter­ne op­po­si­sie dryf.

Al word die or­ga­ni­sa­sie die voor­deel van die twy­fel ge­gun, dat sy le­de kor­rup­sie wil uit­roei en doel­tref­fen­de diens­le­we­ring wil sien ge­beur, is dit nie dui­de­lik hoe erns­tig die “eie ver­kie­sings­plan­ne” is nie. Die SAKP be­ding meer le­de op ANC­kan­di­da­te­lys­te as wat hy ooit op sy eie ver­kies sal kry – om net een oor­we­ging te noem.

As die par­ty wel erns­tig is om die ANC voor die bors te gryp en te daag oor Zu­ma se vol­ge­houe pre­si­dent­skap en kor­rup­sie, is dit te ver­wel­kom.

Dit dra ho­pe­lik daar­toe by dat die ANC sal be­sef die prys vir sy vas­klou aan Zu­ma raak te hoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.