God en le­we el­ders is ver­soen­baar

Beeld - - Kommentaar - Koot Bos­man, P­re­to­ria

Jan Ven­ter (14.07) en Han­no den Boer (17.07) se sie­nings van God en die skep­ping weer­spie­ël maar net weer die mens se be­perk­te ver­won­de­ring oor die S­kep­per en Sy groot­heid.

Al­bei brief­skry­wers be­leef die God­de­li­ke van­uit ’n per­spek­tief soos ge­grond op eie be­le­wing en in­sig in die skep­ping en die God­de­li­ke be­doe­ling daar­mee. Al­bei het ’n eie sie­ning oor die plek van en be­doe­ling met die mens in dié skep­ping. So­da­ni­ge ver­skil in sie­ning was in­der­daad deur mil­len­ni­ums ken­mer­kend van die mens se ver­won­de­ring oor God en Sy skep­ping.

Co­per­ni­cus se uit­wy­sing van die son as die mid­del­punt van die heel­al was deel daar­van. Die By­bel­skry­wers het ook hul sie- nings en be­le­wing neer­ge­skryf. Vol­gens Den Boer het hul­le dit vir men­se op aar­de ge­skryf. Sy stel­ling is kor­rek, be­hal­we dat hy ook be­hoort te sê dat hul­le dit ge­skryf het vir men­se in die in­sig­kon­teks van ’n tyd voor dié van Co­per­ni­cus. Laas­ge­noem­de word van­dag al­ge­meen as vol­ko­me waar be­skou en is as so­da­nig be­wys.

Wat my be­tref, het Co­per­ni­cus die moont­lik­heid van le­we op an­der pla­ne­te oor­weeg­baar ge­maak ten spy­te van wat in die By­bel vir men­se van die des­tyd­se tyds­kon­teks met sy be­perk­te in­sig­te op­ge­te­ken is. He­den­daag­se in­sig­te maak ons be­le­wing van God se skep­pings­groot­heid grens­loos so­dat le­we el­ders in die heel­al of moont­lik ook in an­der heel­al­le oor­weeg kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.