Ver­oor­deel ál­le ge­weld teen vroue

Beeld - - Kommentaar - Lo­ja­le ver­set, P­re­to­ria

’n Vrou is deur ’n man in die Ti­me S­qua­re Ca­si­no in P­re­to­ria ge­klap en ge­vloek (14.07).

Ná die on­lang­se S­pur-voor­val, waar­in ’n swart vrou deur ’n wit man rond­ge­stamp en be­le­dig is, het die S­pur-groep se op­tre­de daar­toe ge­lei dat som­mi­ge wit men­se S­pur ge­boi­kot het.

Ek gee nie om of die man of die vrou wit, swart, pienk of geel is nie, maar e­ni­ge aan­ran­ding van ’n vrou deur ’n man is ge­heel en al on­aan­vaar­baar en die man be­hoort aan­ge­kla en ge­pas ge­straf te word.

Die feit dat die man en die vrou se ras ver­skil, be­hoort in ’n nor­ma­le sa­me­le­wing geen rol in die be­oor­de­ling van die si­tu­a­sie te speel nie. In Suid-A­fri­ka speel ras on­ge­luk­kig steeds ’n rol en nug­ter­den­ken­de men­se van al­le ras­se­groe­pe pro­beer hard daar­aan werk om har­mo­nie on­der die ver­skil­len­de groe­pe te be­vor­der.

Ek is nie be­reid om die on­aan­vaar­ba­re op­tre­de van ’n bul­le­bak en vrou­e­sla­ner te ver­de­dig net om­dat hy van die­self­de ras as ek is nie en hoop dat dié man, as hy skul­dig is, net soos in e­ni­ge ge­val waar ’n swart man ’n wit vrou aan­rand, be­hoor­lik deur die hof ge­straf sal word.

Dit sal daar­om jam­mer wees as som­mi­ge wit men­se sim­pa­tie met die bul­le­bak toon en sy op­tre­de pro­beer reg­ver­dig net om­dat hy van die­self­de ras as hul­le is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.