Fo­kus op wat ons ge­meen het

Beeld - - Kommentaar - Da­wie Ja­cobs, S­ter­re­wag

Na aan­lei­ding van my on­der­houd met Beeld (08.07) voel T­heo van Pa­rys (11.07) dat ek blyk­baar nie tuis voel tus­sen A­fri­ka­ners nie. As hy na A­fri­ka­ners met sy eks­klu­sie­we denk­wy­se ver­wys, is hy 100% in die kol.

Ek be­skou my­self as ook ’n A­fri­ka­ner, maar nie net as ’n A­fri­ka­ner nie. Ek is in die eer­ste plek ’n Suid-A­fri­ka­ner en ook ’n kind van A­fri­ka.

Ons toe­koms lê in sa­me­wer­king oor al­le taal- en kul­tuur­gren­se heen en nie in die hand­ha­wing van i­de­o­lo­gie­se mu­re tus­sen ons men­se nie – ons moet fo­kus op wat ons ge­meen het en nie op die ver­skil­le nie. Blo­te vin­ger­wy­se­ry en ’n ge­raas van die kant­lyn van­uit ons eks­klu­sie­we hoe­kies bring ons niks ver­der nie – ons moet brûe bou en oor al­le gren­se heen met me­kaar be­gin praat.

Dis tra­gies dat men­se wat soos T­heo dink nie tuis voel tus­sen an­der land­ge­no­te nie. Hy stel ook voor dat ek by die ANC aan­sluit. In sy klein wê­reld be­sef hy nie eens dat daar ook an­der par­tye soos die DA en sy voor­gan­gers is waar­van ek nog al­tyd ’n trot­se lid is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.