Waar is dié ba­se se trots?

Beeld - - Kommentaar - T­heo Roe­lof­sz, Mar­ble Hall

Ek is baie be­voor­reg om daag­liks vier ver­skil­len­de koe­ran­te te lees wat el­ke Suid-A­fri­kaan­se bur­ger ver­teen­woor­dig. Am­per daag­liks is daar klag­tes oor on­der meer die pos­kan­toor, E­s­kom en die SAL.

Toe ek in die 1980’s en 1990’s vir Ray­mond Ac­ker­man se Pick n Pay ge­werk het en hy in die pers sien of by 0800-klan­te­diens hoor dat ek of ie­mand in van sy win­kels droog­maak, was die gort sum­mier gaar en “din­ge” da­de­lik reg­ge­stel.

Wat doen Mark Bar­nes, Lyn­ne Bro­wn en Du­du My­e­ni (on­der an­de­re) aan die ge­mors wat el­ke dag in hul werk­plek­ke aan­gaan? Dit slaan my heel­te­mal on­der­ste­bo dat hul­le nie ’n grein­tjie skaam­te toon nie.

Wat moet hul vrien­de/fa­mi­lie en werk­ne­mers van hul­le dink oor die ge­mors van toe­stan­de on­der hul toe­sig?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.