Mid­del­blad

Ons moet leer uit die fou­te van die ver­le­de

Beeld - - Middelblad -

Fa­rouk Cas­sim, ’n Co­pe-raads­lid in Kaap­stad, het on­langs in ’n ope brief aan He­len Zil­le, pre­mier van die Wes-Kaap, en Pa­tri­cia de Lil­le, bur­ge­mees­ter van Kaap­stad, ge­pleit dat lei­ers die voor­tou neem en die pro­vin­sie se na­tuur­li­ke om­ge­wing help re­stou­reer.

Hy het voor­ge­stel dat 5 mil­joen in­heem­se bo­me, waar­on­der geel­hout (van die Po­do­car­pus- fa­mi­lie), se­der­hout ( Wid­dring­to­nia ce­dar­ber­gen­sis) en die Kaap­se dwerg­boe­ken­hout ( Ra­pa­nea gil­li­a­na) aan­ge­plant word so­dat die e­ko­lo­gie her­stel kan word en wa­ter na dié uit­ge­dor­de land­streek kan te­rug­keer.

Hy ver­tel Hout­baai het sy naam te dan­ke aan die dui­sen­de geel­hout­bo­me wat in die 1800’s daar ge­groei het. “Gaan kyk hoe Hout­baai van­dag lyk. Die om­ge­wing is be­smet met uit­heem­se den­ne en in ’n min­de­re ma­te met bloe­koms en daar is feit­lik geen geel­hout in sig nie.”

Die geel­hout is af­ge­kap vir die bou­be­dryf (daar­die breë geel­hout­vloe­re, vir die maak van ge­sog­te Kaap­se meu­bels en baie daar­van is in stoom­trei­ne ver­brand). Die son­des van die va­ders haal ons nou in.

Cas­sim skryf in die brief die in­heem­se bo­me sal die wa­ter­si­klus her­stel. Wan­neer dit re­ën, sal die wa­ter­ta­fel her­stel.

Ek het lank ge­le­de met ’n e­ko­loog ge­praat wat na­vor­sing oor die ver­sprei­ding van wou­de in Suid-A­fri­ka ge­doen het. Dit was skok­kend om te hoor ons het min­der as 2% van ons oor­spronk­li­ke wou­de oor.

Cas­sim se bood­skap strek veel ver­der as hy ver­wys na die Ver­e­nig­de Na­sies se in­ter­re­ge­ring­spa­neel oor kli­maats­ver­an­de­ring (IPCC), wat on­langs ge­sê het die hui­di­ge ge­slag het net drie jaar oor om weg­hol­kli­maats­ver­an­de­ring te keer. En wat is nou ’n be­ter voor­beeld van die ver­nie­ti­gen­de ge­vol­ge van kli­maats­ver­an­de­ring as juis dit wat nou in die Wes- en die Suid-Kaap ge­beur?

Cas­sim se voor­stel laat my dink aan die laat 1980’s, toe ons ge­sin na­by Lou­is T­ri­chardt ge­woon het. Die dorps­ri­vier het tel­kens gaan staan. Vroe­ër ja­re se fon­tei­ne was op­ge­droog. By Hang­klip in die Sout­pans­berg het net die bloe­kom­bo­me in die staats­bos geil ge­groei. Lou­is T­ri­chardt se ryk­mans­buurt het on­der en langs Hang­klip uit­ge­brei. En toe word dit om en by 1999 tyd om die bloe­koms te oes. Die bo­me was groot en ge­reed vir die saag­meu­le. Hang­klip het ná ’n paar maan­de soos ’n kaal­ge­skeer­de skaap ge­lyk.

In Fe­bru­a­rie 2000 het swaar re­ën­buie oor die noor­de van die land uit­ge­sak. Die dorps­ri­vier het weer be­gin vloei. Die wa­ter­ta­fel het her­stel en fon­tei­ne het weer be­gin loop. Die ryk­mans­buurt se in­wo­ners was skie­lik in die moei­lik­heid, want wa­ter het in som­mi­ge hui­se by e­lek­trie­se prop­pe be­gin uit­loop. Vroue kon nie hul ha­re droog­blaas nie en kon nie mi­kro­golf­oon­de ge­bruik nie. In som­mi­ge hui­se het fon­tein­wa­ter in sit- en TV-ka­mers uit­ge­bor­rel.

Ons be­hoort te leer uit dit wat des­tyds in dié ver­re noor­de ge­beur het: Ons moet so leef en ons hui­se so bou dat dit in sim­bi­o­se met die na­tuur is. Die na­tuur moet ons rig. Ons be­hoort baie meer na die na­tuur te luis­ter en sy wet­te na te volg. Dit kan ons ma­te­ri­ë­le ska­de spaar, maar dit sal ook van ons ge­luk­ki­ger men­se maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.