Goeie Nuus

Dit kos moed om te glo

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

“Ek is klaar met God en die kerk.”

Ge­we­se gees­te­li­kes, glans­per­soon­lik­he­de en kie be­ly dik­wels in die o­pen­baar hul te­leur­stel­ling met God en sy men­se.

By­ge­sê, dit is da­rem ook nie ’n nu­wig­heid nie. Nog al­tyd wan­neer storm­wol­ke aan­ge­pak het en dit ge­lyk het of God ge­ë­mi­greer het, het baie men­se hul ge­loof weg­ge­pak. Om teen al­le hoop in te bly glo, is glad nie mak­lik nie.

Dit kos guts om aan te hou glo as al­mal be­gin vra: “Waar is jou God?” Of as som­mi­ge kerk­li­kes jou in­doen. Dan verg dit in­ner­li­ke ka­rak­ter. Dan kos dit moed om aan Chris­tus se hand vas te hou in die storm­weer.

Maar dan weet jy dat selfs wan­neer jou eie ge­loof so pa­pier­dun raak dat jy self wil moed op­gee, stra­le van hoop al­tyd ie­wers deur­breek.

Jy is im­mers in die greep van God­de­li­ke ge­na­de. God maak nooit klaar met jou nie.

Hy laat vaar nie sy han­de­werk nie, al laat vaar par­ty van hul­le Hom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.