Om men­se te ver­maak laat hom be­ter voel

Lloyd Zand­berg ver­tel sy hu­mo­ris­tie­se de­buut­kort­ver­haal­bun­del, Per on­ge­luk, is geen self­help­boe­kie nie; hy wou ook nie­mand uit­sluit of te wei­rd laat voel nie. AJ Op­per­man het per e­pos met hom ge­sels.

Beeld - - Kuns & Vermaak -

Lees jy self ook de­buut­boe­ke?

Ja, ek moet. Dit be­taal my kar, huur, je­ans en my ob­ses­sies met mu­siek en rooi­wyn. Ek is ’n kuns- en ver­maak­lik­heids­joer­na­lis vir die Re­pu­bli­kein in Na­mi­bië. Dit is deel van my werk. En ek is mal daar­oor. Ek lees eer­der ’n boek voor ek die TV aan­sit. Ek won­der steeds hoe­kom ek ’n TV be­sit.

Vrees ’n mens die twee­de­boek­sin­droom?

Nee, wat. In fact, ek is baie op­ge­won­de oor my twee­de bun­del. Ek vat nou eers ’n bre­ak, maar sal la­ter van­jaar aan my twee­de boek be­gin werk. Dit gaan heer­lik wees.

Waar­om juis die kort­ver­haal? Sal jy an­der gen­res pro­beer?

Dit het baie or­ga­nies ge­beur. Toe ek be­gin skryf het, het ek be­sef al my skry­wes is kort en krag­tig. So dis eer­der sket­se as kort­ver­ha­le.

Vir my moet lees nie ’n lang­dra­di­ge af­fê­re wees nie. Par­ty­keer kan ’n ro­man vir my te lank raak en dan wil ek op­gee. En met sket­se is dit tjoef-tjaf en daar is jy klaar. Ek oor­weeg dit sterk om in die toe­koms dalk ’n ro­man te skryf. Ek dink dit kan ’n goeie uit­da­ging wees. En ek weet wat van ’n ro­man my af­sit, so ek sal se­ker maak my­ne het dit nie in nie.

Ek wil ook be­gin dra­ma­teks­te, rol­pren­te en, as jul­le my heel skrik­maak, poe­try skryf.

Het skryf van jou ’n meer kri­tie­se le­ser ge­maak?

Nee, daar is an­der men­se in die sa­me­le­wing wat die kri­tiek kan le­wer. Ek is wel net meer op­let­tend as wat ek was. En ek leer baie uit an­der se skryf­werk. As iets vir my mooi ge­skryf is, of ek hou van ’n spe­si­fie­ke ding in ’n boek, sal ek dit ie­wers neer­pen so­dat ek dit kan ont­hou as ek skryf.

Ge­ge­we jou ge­boor­te in ’n non­ne­kloos­ter in Na­mi­bië (dit was maar net die be­gin), dink jy die bloot­stel­ling wat jy dwars­deur jou le­we ge­had het, het aan­lei­ding daar­toe ge­gee dat jy ’n skry­wer ge­word het?

Ek be­skou my­self nie as ’n skry­wer nie. Ek is nie so ge­let­terd nie. Ek is ’n ver­tol­ker, fo­to­graaf, ak­teur, kok, per­for­mer en mu­si­kant. En dit al­les het iets in ge­meen. Ek wil men­se ver­maak en be­ter laat voel, want dit laat my be­ter voel.

Ek is baie li­be­raal groot­ge­maak en deur die ja­re op ver­skil­len­de wy­ses ge­sti­mu­leer. So, die ruim­te vir eks­pe­ri­men­teer was baie en dus het ek al­les pro­beer, ge­proe en ge­toets. La­ter het ek ag­ter­ge­kom dat as ek my­self weer kom kry, sit ek weer met die pen en no­ta­boek. Ek stel my­self steeds bloot aan an­der­se din­ge, so­dat my i­dees vars kan bly.

Wil jy met jou ver­ha­le men­se help om die le­we te han­teer?

My i­dee was nie om ’n Dr. P­hil op my le­ser te trek nie, maar toe ek be­gin skryf het aan Per on­ge­luk, wou ek se­ker maak dat ek nie­mand uit­sluit nie. Geen le­ser hoef te voel of hul­le wei­rd is nie. Per on­ge­luk is de­fi­ni­tief nie ’n self­help­boe­kie nie, maar as jy vir ’n oom­blik be­ter oor jou le­we voel, dan het ek my eie toets ge­slaag. Per on­ge­luk moet net ’n lek­ker er­va­ring wees.

Is daar iets uit­spat­tigs om­trent jou le­we wat jy met ons kan deel?

Ek is kon­stant op een of an­der di­eet. Oor min of meer 16 dae tree ek by die Wind­hoek Woord­fees met my pro­duk­sie Sa­ti­res en an­der skan­des op, en teen daai tyd wil ek in ’n tuxe­do pas – hoof­saak­lik vir ef­fek en dan lyk ek ryk, maar ek moe­nie soos ’n prop­vol swart­sak lyk nie.

En ek het ’n ding vir klas­sie­ke mu­siek. Ek is nie se­ker wat dit is nie, maar dit voel vir my as­of Mo­zart dalk ’n ver­lo­re oom van my kan wees. As ek klas­sie­ke mu­siek luis­ter, kry ek ’n soort lek­ker­te wat ek nie kan be­skryf nie.

O, en ek is ver­slaaf aan Lip Ice. Die Pi­na Co­la­da-geur. Ek eet dit par­ty­keer as ek reg­tig hon­ger is.

Lloyd Zand­berg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.