AA: Pry­se van brand­stof styg dalk in Au­gus­tus

Beeld - - Sake -

Ná ’n ste­wi­ge da­ling in die pe­trol­ en die­sel­prys be­gin van­dees­maand, lyk dit of mo­to­ris­te in Au­gus­tus weer meer by die pom­pe gaan op­dok.

Ho­ër in­ter­na­si­o­na­le brand­stof­pry­se en ’n ver­swak­ken­de rand­dol­lar­wis­sel­koers het die waar­skyn­li­ker ge­maak dat mo­to­ris­te in Au­gus­tus meer gaan be­taal, sê die Au­to­mo­bie­las­so­si­a­sie (AA).

Soos din­ge nou staan, sal die pyn eg­ter nie te erg wees nie, hoe­wel die prent­jie nog kan ver­an­der na die ein­de van die maand toe. Pe­trol­pry­se kan in Au­gus­tus met so­wat 7c per li­ter styg en die­sel­pry­se met 21c, vol­gens die AA.

Vol­gens die jong­ste sy­fers van die Sen­tra­le E­ner­gie­fonds se brand­stof­prys­een­heid was die ge­mid­del­de on­der­ver­ha­ling op pe­trol van 30 Ju­nie tot 14 Ju­lie 7,6c vir 95­ok­taan­pe­trol en 4,8c vir 93­ok­taan. Die ge­mid­del­de on­der­ver­ha­ling vir die­sel was so­wat 21c.

’n On­der­ver­ha­ling be­te­ken mo­to­ris­te be­taal te min vir brand­stof as dit be­re­ken moet word vol­gens die hui­di­ge wis­sel­koer­se en in­ter­na­si­o­na­le brand­stof­pry­se.

Die brand­stof­prys word Woens­dag 2 Au­gus­tus aan­ge­pas. – Niel Jou­bert

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.