C­hi­ne­se groei is goeie nuus vir SA

Beeld - - Sakenuus -

C­hi­na se e­ko­no­mie het in die twee­de kwar­taal op ’n jaar­grond­slag met 6,9% ge­groei. Dis die­self­de koers as in die eer­ste kwar­taal.

Die na­si­o­na­le sta­tis­tie­ke­bu­ro het gis­ter ge­sê kwar­taal­tot­kwar­taal­groei was ste­wi­ger op 1,7%, ver­ge­le­ke met die 1,3% in die vo­ri­ge kwar­taal.

C­hi­na se e­ko­no­mie oor­tref die ver­wag­tin­ge dank­sy ’n her­stel in sy uit­voer en voort­ge­set­te sterk groei in kon­struk­sie.

Dis goeie nuus vir Suid­A­fri­ka om­dat C­hi­na ons groot­ste en­ke­le han­dels­ven­noot is.

Baie ont­le­ders ver­wag eg­ter dat C­hi­na in die twee­de helf­te van die jaar stoom sal ver­loor om­dat die re­ge­ring maat­re­ëls in­stel om huis­pry­se te tem­per en skuld in te perk.

Daar is nou al ja­re lank die vrees dat ’n bor­rel in huis­pry­se aan die ont­wik­kel is, aan­ge­vuur deur skuld.

“In die al­ge­meen het die e­ko­no­mie in die eer­ste helf­te van die jaar ge­lyk­ma­tig ge­vor­der, maar in­ter­na­si­o­na­le on­sta­bi­li­teit en on­se­ker­he­de is steeds be­trek­lik groot, en die lang­ter­myn­op­bou van struk­tu­re­le wan­ba­lan­se duur voort,” sê die sta­tis­tie­ke­bu­ro.

Die re­ge­ring mik na groei van min­stens 6,5% vir 2017, la­er as die 6,7% waar­mee C­hi­na in 2016 ge­groei het. Dié groei was die laag­ste in 26 jaar.

In Ju­nie, die laas­te maand van die twee­de kwar­taal, het C­hi­na se ver­vaar­di­gings­pro­duk­sie op ’n jaar­grond­slag met 7,6% ge­groei, die vin­nig­ste pas in drie maan­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.