Pas op vir dié nu­we SIM­slen­ter

Beeld - - Sakenuus - Niel Jou­bert Rap­port Mal­her­be Nie­na­ber

S­kelms buit nou men­se se vre­se uit dat hul­le die slag­of­fer van SIM-kaart­stre­ke kan word, maan MTN.

Die laas­te tyd het ver­skeie kli­ën­te van sel­foon­maat­skap­pye dui­sen­de ran­de ver­loor toe ku­ber­mis­da­di­gers geld aan­lyn uit hul bank­re­ke­nin­ge ont­trek het ná ’n on­wet­ti­ge SIM-kaart­om­rui­ling.

Met die nu­we be­drog­spul kon­tak ’n per­soon wat hom of haar as ’n per­so­neel­lid van MTN se op­roep­sen­trum voor­doen ’n kli­ënt en ver­soek vei­lig­heids­be­son­der­he­de on­der die voor­wend­sel dat hul­le ’n on­ge­mag­tig­de SIM­kaart­om­rui­ling wil keer.

Die be­drie­ërs ge­bruik dan die in­lig­ting wat hul­le van die kli­ënt kry om die on­wet­ti­ge SIM-kaart­om­rui­ling te doen.

MTN sê hy sal nooit ’n kli­ënt van sy in­bel­sen­trum af kon­tak om ’n ver­soek vir so ’n SIM-kaart­om­rui­ling stop te sit nie.

Kon­trak­kli­ën­te moet ’n MTN-tak be­soek om die SIM-kaart­om­rui­ling te ak­ti- veer en hul­le moet ’n i­den­ti­teits­do­ku­ment wys.

Voor­af­be­ta­len­de kli­ën­te kan ’n SIM­kaart­om­rui­ling doen met ’n USSD-ko­de, deur ’n in­bel­sen­trum of by ’n tak, waar hul­le ook ’n i­den­ti­teits­do­ku­ment sal moet wys.

In­dien die kli­ënt ’n USSD­ko­de ge­bruik of die in­bel­sen­trum kon­tak vir ’n SIM-kaart­om­rui­ling, sal vei­lig­heids­vrae ge­vra word om sy i­den­ti­teit te be­ves­tig.

MTN ver­soek kli­ën­te om nie op sul­ke on­ge­vraag­de op­roe­pe of ver­soe­ke vir per­soon­li­ke in­lig­ting van ’n on­be­ken­de nom­mer af te re­a­geer nie. het die na­week be­rig dat van Vo­da­com se op­roep­sen­trum­per­so­neel­le­de saam met ’n sin­di­kaat in ’n “Jo­han­nes­burg­se ge­van­ge­nis” werk om die on­wet­ti­ge SIM-kaart­om­rui­lings te doen.

Ab­sa en S­tan­dard Bank hou vol dat klien­te ge­woon­lik self hul bank­be­son­der­he­de in die ver­keer­de han­de laat be­land, het ver­le­de week be­rig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.