Goue Leeus maak a­mok teen G­rens

WPen Vry­staat kook ook

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Die 54ste Cravenweek vir o.18rug­by­span­ne het gis­ter in Jo­han­nes­burg af­ge­skop met die vroeë toer­nooi­guns­te­lin­ge wat hul stem­me dik ge­maak het.

Die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie, wat die af­ge­lo­pe twee sei­soe­ne die nie-amp­te­li­ke Cra­ven­week­kam­pi­oen was, is op koers om ’n drie­kuns te be­haal na­dat hy die Pu­mas met 36-10 ge­klop het.

Die Ka­pe­naars was met rus­tyd reeds met 19-3 voor.

Die Pu­mas het ver­al in die eer­ste 15 mi­nu­te ver­skeie ge- leent­he­de ge­had om pun­te aan te te­ken, maar het deur­lo­pend hul eie on­der­gang be­werk­stel­lig met han­teer­fou­te wat hul mo­men­tum ge­kel­der het.

In teen­stel­ling daar­mee het die WP mak­lik ga­pings ge­slaan en ses drieë ge­druk.

Die WP spog met die bes­te wen­re­kord (66,04%) in die Cravenweek en was reeds 13 keer on­oor­won­ne in die toer­nooi.

Die Goue Leeus het in ’n goeie stryd die G­rens met 44-8 kaf­ge­draf. Min het die span­ne in die eer­ste helf­te ge­skei en die rus­tyd­tel­ling was 13-8 in die Leeus se guns.

Die Leeus het in die twee­de helf­te op dreef ge­kom en die G­rens ’n rug­by­les ge­leer.

Die Leeus het se­we drieë ge­druk met die bin­ne­sen­ter Yan­ga Hla­lu wat ’n drie­kuns be­haal het.

Die Vry­staat was in ’n ver­woes­ten­de bui toe hy die Bo­land met 81-26 af­ge­ran­sel het.

Die Vry­sta­ters, wat be­saai is met spe­lers van G­rey-kol­le­ge, het 12 drieë in­ge­ryg ter­wyl die Bo­land net twee keer ag­ter die doel­lyn kon kui­er. Henk Cil­liers, wat op bui­te­sen­ter uit­ge­draf het, het ’n vier­kuns aan drieë be­haal.

Die Vry­sta­ters het ’n dui­de­li­ke waar­sku­wing ge­rig dat hy sal poog om die eer­ste keer se­dert 2011 as die nie-amp­te­li­ke kam­pi­oen ge­kroon te word.

Die Vry­sta­ters se plan was dui­de­lik om die bal so vin­nig as moont­lik deur die han­de te s­tuur met dié stra­te­gie wat ge­reeld die ga­pings in die Bo­land se ver­de­di­gings­li­nie ont­bloot het.

G­rie­kwas Plat­te­land het vir die eer­ste ver­ras­sing ge­sorg deur die G­rif­fons in ’n na­el­byt­stryd met 28-27 te klop.

Die G­rif­fons het die mees­te drieë in­ge­ryg, maar Andrew Ko­ta se skop­skoen het nie vlam ge­vat in die ys­koue brie­sie wat ge­waai het nie. Hy het net een van die G­rif­fons se vyf drieë ver­doel, ter­wyl I­wan Lom­bard twee van sy span se drie drieë ver­doel het, as­ook drie straf­doe­le by­ge­dra het.

Die Lim­po­po Blou Bul­le het een­rig­ting-ver­keer be­leef met ’n se­ge van 41-3 oor G­rens Plat­te­land. Vin­cent Roos, bui­te­sen­ter van die Lim­po­po Blou Bul­le, het uit­ge­blink, ter­wyl O­fent­se Mau­ba­ne (reg­ter­vleu­el) ook ge­vaar­lik was.

Pun­te­ma­kers by die uit­slae.

Fo­to: GALLO IMAGES

Mark Sny­man van die Goue Leeus beur oor ’n paar G­rens­ver­de­di­gers in gis­ter se Cravenweek­wed­stryd in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.