Mit­chell pak reeds die bul by die ho­rings

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

In plaas van om in ’n kan­toor te sit en op­drag­te uit­deel, wil John Mit­chell, die Bul­le se nu­we rug­by­hoof, op die oe­fen­veld moue op­rol en plan­ne be­raam vir die span se her­le­wing.

Dié voor­ma­li­ge All Black-af­rig­ter was gis­ter­og­gend op sy pos op Lof­tus se B-veld, na­dat hy die vo­ri­ge aand in Suid-A­fri­ka aan­ge­kom het.

Mit­chell sê hy sal een van Nol­lis Ma­rais se hulp­af­rig­ters wees in die ko­men­de Cur­rie­be­ker-reeks.

“Die Bul­le het ’n be­hoef­te vir in­gry­ping ge­had en vir my om net oor­hoofs be­trok­ke te wees, sal nie i­de­aal wees nie. Die plan is eer­der dat ek op hoë vlak en o­pe­ra­si­o­neel ’n rol speel.

“Ver­troue word ge­kweek deur ver­hou­dings te bou en dit is in dié op­sig be­lang­rik dat ek nou saam met die spe­lers werk.”

Hy sê die i­dee is nie om oor Ma­rais se skou­er te loer nie, maar om hom te on­der­steun.

Mit­chell gaan hom ver­al daar­op toe­spits om die Bul­le meer gaf­fel op die aan­val te gee.

Hy gaan die vol­gen­de paar we­ke hard daar­aan werk om die af­rig­ters en rol­spe­lers “in pas te bring met sy me­to­do­lo­gie,” sê hy.

“Ons gaan baie be­sig wees. Ek hou daar­van om die aan­val­len­de man­daat te kry en dit is iets waar­na ek uit­sien.

“Ek dink die span het in die laas­te paar wed­stry­de (in die Su­per­reeks) baie on­der­ne­ming op die aan­val ge­wys, maar dit kan nóg ver­be­ter.

“Wan­neer jy ’n gro­ter klem op aan­val plaas gaan dit oor risk en re­ward en ons gaan ge­woond moet raak om die pas te ver­snel én ook meer ak­ku­raat te wees.

“Ek glo die me­to­do­lo­gie wat ons na­streef, sal met­ter­tyd vrug­te af­werp.”

Mit­chell sê daar word nog kop­pe by­me­kaar ge­sit oor die sa­me­stel­ling van sy af­rig­ting­span vir vol­gen­de jaar se Su­per­reeks.

“Die i­dee is dat ons in die Cur­rie­be­ker-reeks ons af­rig­ters in pas kry met wat ons in Su­per­rug­by soek. Die af­rig­ters is hier en dit is net ’n kwes­sie van om toe te sien dat hul­le re­le­vant en op hoog­te is van wat ver­lang word met som­mi­ge as­pek­te.

“Ek het ook die ver­ant­woor­de­lik­heid om die af­rig­ters te men­tor.”

Hy sê dit is ’n “mas­sie­we ge­rug” dat hy plan­ne het om die oud-All Black-los­ska­kel Car­los S­pen­cer na P­re­to­ria te lok.

“Car­los is in Ja­pan ge­kon­trak­teer. Ons het voor­heen ’n ven­noot­skap ge­had en hy is ’n puik af­rig­ter, maar ons sal in die sta­di­um hou by die hulp­af­rig­ters wat hier is.”

’n An­der taak wat hoog op Mit­chell se Lof­tus-lys is, is om leem­tes in die groep te i­den­ti­fi­seer.

“Dit is reeds vir my dui­de­lik ons kort nog ’n los­ska­kel in die af­sien­ba­re toe­koms.”

Die Blou Bul­le be­gin hul Cur­rie­be­ker-aan­slag Sa­ter­dag teen die G­rie­kwas in Kim­ber­ley.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.