S­tor­mers­bie­lies reg vir C­hiefs

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Die S­tor­mers gaan waar­skyn­lik op SP Ma­rais se skop­ste­wel en Ryn­hardt El­stadt se spier­krag kan staat­maak in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-kwart­eind­stryd teen die C­hiefs op Nu­we­land.

Ma­rais het her­stel van ’n be­se­ring en be­hoort on­danks Dil­lyn Leyds se goeie spel­peil op heel­ag­ter in te ska­kel.

Wat dié be­sluit vir die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, ver­ge­mak­lik, is dat hy sal ver­kies dat sy 19-ja­ri­ge los­ska­kel, Da­mi­an Wil­lem­se, son­der die druk van stel­skop­werk speel.

“Da­mi­an vaar uit­ste­kend. Hy bied ’n an­der di­na­mi­ka op die aan­val en is e­ner­giek. Ek het on­ge­ag sy ou­der­dom geen pro­bleem daar­mee om hom teen die C­hiefs te kies nie,” sê F­leck.

“Wat die stel­skop­werk be­tref, het ons SP weer be­skik­baar. Dit kan ’n rol in span­keu­ses speel. Ons wil graag die druk op Da­mi­an ver­lig.”

As Ma­rais op heel­ag­ter te­rug­keer, sal Leyds waar­skyn­lik vleu­el toe ge­skuif word in die plek van C­heslin Kol­be of Se­a­be­lo Se­nat­la.

“Dil­lyn was in die laas­te twee wed­stry­de ver­al met sy teen­aan­val­le uit­ste­kend. Dis lek­ker om te sien hoe Se­a­be­lo se spel­peil ver­be­ter. Sy vaart is vir ons ’n ba­te. Ons sal ’n kom­bi­na­sie kies wat die ma­nier wat ons wil speel die bes­te pas wat ons aan­val­len­de s­pel en skop­werk be­tref,” sê F­leck.

Die keu­se van El­stadt maak sin om­dat hy die S­tor­mers se los­voor­spe­ler-kom­bi­na­sie met meer ag­gres­sie sal toe­rus. Dit sal waar­skyn­lik in die plek wees van Sik­hum­bu­zo Nots­he, wat op die plaas­ver­van­gers­bank sal wees.

An­der spe­lers wat fiks ver­klaar is, is die los­kop­stut­te Oli Keb­ble en Ali Ver­maak, en die vas­kop­stut Wil­co Louw.

Aan­ge­sien die Bok-los­kop­stut S­te­ven Kits­hoff nie kwa­li­fi­seer om in die half­eind­ron­de te speel nie, sal Keb­ble waar­skyn­lik in die 23-tal wees.

Louw be­hoort Frans van Wyk as plaas­ver­van­ger te ver­vang.

Ter­wyl die S­tor­mers nog nie weer die­self­de ge­hal­te van s­pel kon aan­bied as in hul se­ge vroeer van­jaar oor die C­hiefs nie, is F­leck vol ver­troue dat in hul ver­moë is om die Ki­wi’s wéér te klop.

“Ons be­sef dat ons teen ’n span van wê­reld­ge­hal­te met ’n uit­ste­ken­de af­rig­ting­span speel. Ons sal op ons bes­te moet wees, maar kan baie ver­troue skep uit ons se­ge vroe­ër van­jaar,” sê F­leck.

“Ons het op ons tuis­veld van­jaar Nieu-See­land­se span­ne on­der druk ge­plaas.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.