Haaie, Leeus be­gin CB­reeks son­der groot ka­non­ne

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Die Haaie en Goue Leeus sal die eer­ste ron­de van die Cur­rie­be­ker-reeks met “B”-span­ne be­gin en die lomp, uit­ge­rek­te Su­per­rug­by-reeks moet die skuld hier­voor kry.

Die Haaie speel Sa­ter­dag in Jo­han­nes­burg teen die Leeus in die kwart­eind­ron­de van die Su­per­rug­by-reeks. Maar Vry­dag­aand be­gin die Haaie ook hul aan­slag in die Cur­rie­be­ker-reeks wan­neer hul­le die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, die Vry­staat-C­hee­tahs, in Bloem­fon­tein pak.

Die K­waZu­lu-Na­tal­lers het gis­ter aan­ge­kon­dig die Haaie se brei­er in die Su­perS­port-uit­daag­reeks, Paul An­tho­ny, sal die Cur­rie­be­ker-span brei tot­dat die Haaie se Su­per­rug­by-aan­slag ten ein­de loop.

Dan sal Ro­bert du P­reez te­rug wees in sy po­si­sie as hoof­af­rig­ter.

Die Haaie het nog nie ’n kap­tein vir die Cur­rie­be­ker-reeks aan­ge­wys nie. Die kans is goed dat hul­le mô­re ’n waar­ne­men­de kap­tein kan aan­wys.

Die span be­hoort gro­ten­deels uit spe­lers wat in die Su­perS­port-uit­daag­reeks ge­speel het, te be­staan.

Die Haaie het die kwart­eind­ron­de van dié reeks ge­haal en die S­pring­bok­flank Kee­gan Da­niel was die kap­tein in die uit­speel­stryd wat hul­le met 18-23 teen die Blou Bul­le ver­loor het.

Da­niel kan moont­lik die lei­sels hou tot­dat die groot ka­non­ne hul­le by die groep kan aan­sluit.

Die Bok-vleu­el Od­wa N­dun­ga­ne het die span ook by tye in die Su­perS­port­uit­daag­reeks aan­ge­voer. ) Chris­to Bu­ch­ner be­rig dat die Leeus ook deur die af­rig­ting­span wat be­trok­ke was by die Su­perS­port-uit­daag­reeks, on­der han­de ge­neem sal word ter­wyl hul Su­per­span nog deel van die uit­speel­ron­des is.

S­wys de Bruin, wat die Leeus se hoof­af­rig­ter in die Cur­rie­be­ker-reeks is, het gis­ter ge­sê al sy aan­dag is by die uit­speel­ron­des van die Su­per-reeks, waar hy die aan­valsaf­rig­ter is.

“My aan­dag is nou 100 per­sent by Su­per­rug­by en eers as dit klaar is, sal ek by die Cur­rie­be­ker-groep be­trok­ke raak,” sê hy.

Kee­gan Da­niel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.