Sal Leeus by Ki­wi’s kan kers vas­hou?

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Op die oog af lyk dit of die Su­per­rug­by-ti­tel nou die Leeus s’n is om te ver­loor, maar selfs met tuis­veld­voor­deel op die Ho­ë­veld is daar iets in my ag­ter­kop wat pla.

Die een groot pro­bleem vir die Leeus is dat hul veld­tog tot dus­ver te mak­lik was. Hul­le het nog nie van­jaar teen ’n Nieu-See­land­se teen­stan­der ge­speel nie en sal heel moont­lik twee Ki­wi-span­ne moet klop om die Su­per­reeks te wen.

Dat die Leeus die keur van Suid-A­fri­ka se span­ne is, is nie te be­twy­fel nie. Ek glo hul­le sal mak­lik met die Haaie af­re­ken in Sa­ter­dag se kwart­eind­stryd in die Goud­stad, maar daar­na raak dit selfs met die voor­deel van die Ho­ë­veld ’n steil bult teen span­ne wat teen ’n in­ten­si­teit en tem­po speel wat die Leeus nog nie van­jaar ge­tref het nie.

Die kwart­eind­stry­de, met die lo­ting in ha­kies, is soos volg: Leeus (1) t. Haaie (8), Cru­sa­ders (2) t. High­lan­ders (7), S­tor­mers (3) t. C­hiefs (6), Brum­bies (4) t. Hur­ri­ca­nes (5).

My voor­spel­ling is dat die Leeus, Cru­sa­ders, C­hiefs en Hur­ri­ca­nes dié wed­stry­de gaan wen.

Van­jaar is die lo­ting vir die half­eind­ron­de ge­wy­sig, met die wen­ner van 1 t. 8, wat teen die wen­ner van 4 t. 5 te staan sal kom in een half­eind­stryd en die wen­ners van 2 t. 7 en 3 t. 6 in die an­der.

As din­ge uit­werk soos ek voor­spel, sal die Leeus teen die Hur­ri­ca­nes moet speel en die Cru­sa­ders teen die C­hiefs.

Dít sal po­ten­si­eel ’n taai stryd vir die Leeus wees, maar ge­ge­we hoe die for­maat van die kom­pe­ti­sie werk, kan Suid-A­fri­kaan­se span­ne nie kla nie.

Die S­tor­mers sou by­voor­beeld nie ’n tuis­kwart­eind­stryd ge­had het as dit nie vir die kon­fe­ren­sie­stel­sel was nie.

Waar­om my pes­si­mis­me oor die S­tor­mers?

Daar is twee groot pro­bleem­a­re­as: ver­de­di­ging en lyn­staan­spel.

Dis al­tyd moei­lik om te weet pre­sies wie ver­ant­woord­baar ge­hou moet word. Paul T­reu is die hulp­af­rig­ter met ver­de­di­ging in sy por­te­feul­je en loop on­der kri­tiek deur, maar ter­self­der­tyd is daar ’n roe­ke­lo­se e­le­ment aan die S­tor­mers se s­pel wat om­keer­be­sit tot ge­volg het en mak­lik op ’n loe­sing teen ’n Ki­wi­span kan uit­loop. Die S­tor­mers se los be­na­de­ring het Sa­ter­dag teen die Bul­le by­na nood­lot­ti­ge na­ge­vol­ge ge­had.

Hul span word ook ge­kies met tal­le klein spe­lers in die ag­ter­lyn. In ’n ma­te speel die Ka­pe­naars na hul sterk pun­te, maar eer­bie­dig nie die grond­be­gin­sels van die s­pel nie.

Ter­wyl dit mak­lik is om met te­o­rieë vo­ren­dag te kom om die pro­ble­me op die ver­de­di­ging te ver­dui­de­lik, is die lyn­sta­ne ’n an­der saak.

Hoe kan dit wees dat die S­tor­mers, met et­li­ke Bok-voor­spe­lers, in­slui­tend ’n ha­ker en twee slot­te, 15% van hul be­sit by die lyn­sta­ne af­staan?

Dié por­te­feul­je be­hoort aan Rus­sell Win­ter, maar weer eens is ’n swak lyn­staan dik­wels die ma­ni­fes­ta­sie van ’n kol­lek­tie­we kort­slui­ting.

Son­der ’n daad­werk­li­ke ver­be­te­ring in daar­die as­pek­te voor­sien ek swa­rig­heid vir die S­tor­mers. El glo hul­le gaan mooi drieë druk, maar on­ge­luk­kig meer af­staan.

Vir my kri­ti­ci wat dink my twy­fel oor die Leeus is op af­guns­tig­heid ge­grond: Hul­le het my gis­ter ge­nooi om Don­der­dag in die Goud­stad saam met die span te braai. Daar is min af­rig­ters vir wie ek so­veel ag­ting het as vir dié fran­chi­se se Jo­han Ac­ker­mann en S­wys de Bruin. Al­bei is ook puik men­se en ek gun hul­le al hul suk­ses.

As ek nie ge­weet het dat my re­dak­teurs van die lag sou uit­bars as ek ’n vlieg­tuig­kaart­jie Goud­stad toe be­del nie, was ek by daai vleis­braai eer­der as om tus­sen ’n Tab of ’n Co­ke Ze­ro by die S­tor­mers se span­aan­kon­di­ging te kies!

Fo­to: GALLO IMAGES

Ross Cron­jé van die Leeus op die aan­val teen die Haaie in die af­ge­lo­pe na­week se stryd in Dur­ban. Sal die Leeus, as hul­le die Haaie op El­lis­park nog ’n keer klop, ook die pas teen Nieu­See­land­se span­ne kan aan­gee?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.