Af­ga­ni­stan ver­vang Aus­sies in SA reeks

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Die naas­bes­tes van Af­ga­ni­stan gaan Aus­tra­lië A in die ko­men­de drie­hoe­ki­ge een­dag-krie­ket­reeks in Suid-A­fri­ka ver­vang.

Die Aus­sies het vroe­ër be­sluit om hul be­soek te boi­kot weens ’n voort­sle­pen­de loon­ge­skil tus­sen die spe­lers en hul werk­ge­wer, K­rie­ket Aus­tra­lië.

Aus­tra­lië se naas­bes­tes sou hul e­we­knieë van Suid-A­fri­ka in twee meer­dag­stry­de en in die drie­hoe­ki­ge een­dag­reeks, met In­dië A as die der­de span, in Suid-A­fri­ka die stryd aan­ge­sê het.

In­dië A se toer gaan voort en hy sal ná die drie­hoe­ki­ge een­dag­reeks steeds twee meer­dag­wed­stry­de teen SA A speel, lui K­rie­ket Suid-A­fri­ka (KSA) se ver­kla­ring.

KSA het in­tus­sen aan­ge­kon­dig dat Af­ga­ni­stan, wat ver­le­de maand ’n vol­le lid­land van wê­reld­krie­ket ge­word het, sy uit­no­di­ging aan­vaar het om Aus­tra­lië A te ver­vang.

Af­ga­ni­stan A speel in die eer­ste wed­stryd van die drie­hoe­ki­ge een­dag­reeks teen In­dië A. Dit vind vol­gen­de Woens­dag in Groen­kloof, P­re­to­ria, plaas.

“Ons is bly oor die uit­no­di­ging. Ek is se­ker dit sal ons goeie bloot­stel­ling aan me­de­din­gen­de k­rie­ket gee,” sê S­ha­fi­qul­lah S­ta­nik­zai, uit­voe­ren­de hoof van die Af­gaan­se K­rie­ket­raad.

Dit is die eer­ste reeks tus­sen span­ne van die lan­de, maar nie die eer­ste be­soek van ’n span van Af­ga­ni­stan aan Suid-A­fri­ka nie. Die se­ni­or span het in 2009 in ’n kwa­li­fi­se­ren­de toer­nooi vir die Wê­reld­be­ker-toer­nooi in Suid-A­fri­ka ge­speel. ) KSA sal van­dees­week be­ves­tig by wat­ter reek­se Ai­den Mar­kram be­trok­ke sal wees.

Hy was kap­tein van SA A in die vier­dag­wed­stryd teen die En­gel­se Li­ons en het toe saam met die Pro­te­as in En­ge­land aan­ge­bly. Die eer­ste van SA A se twee meer­dag­wed­stry­de teen In­dië be­gin op 12 Au­gus­tus in Be­no­ni.

SA A­span vir drie­hoe­ki­ge kits­reeks:

K­ha­ya Zon­do (k), Far­haan Be­har­dien, Ju­ni­or Da­la, Hen­ry Da­vids, Beuran Hen­dricks, Ree­za Hen­dricks, Hein­rich Klaas­en, Man­ga­li­so Mo­sehle, Wi­aan Mul­der, Da­ne Pa­ter­son, Aa­ron P­han­gi­so, D­wai­ne P­re­to­ri­us, Ta­braiz S­ham­si, Ja­son S­mith.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ai­den Mar­kram

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.