Dis van­jaar ’n B­rit, sê To­ny Jacklin

Beeld - - Sport -

To­ny Jacklin, ’n voor­ma­li­ge wen­ner van die B­rit­se Ope, het aan die voor­aand van dié toer­nooi ver­klaar dat B­rit­se gholf “dit nog nooit so goed ge­had het nie”.

Daar is 12 B­rit­te in die top-100 op die wê­reld­rang­lys, met Jus­tin Ro­se die voor­ste spe­ler in die 12de plek, Tom­my F­leet­wood 14de en Paul Ca­sey 16de.

Die nu­we ge­slag pres­teer­ders sal in van­jaar se toer­nooi, wat van Don­der­dag by Roy­al Birk­da­le in Sout­hport, En­ge­land, ge­speel word, pro­beer om die eer­ste B­rit te wees om se­dert Nick Fal­do in 1992 die B­rit­se Ope te wen.

“Ons het hier­die jaar die bes­te kans ooit om ’n B­rit­se kam­pi­oen te hê. Ons het so­veel spe­lers van wê­reld­ge­hal­te,” meen Jacklin.

Fal­do het al drie sy B­rit­se O­pes in S­kot­land ge­wen, met Jacklin wat die laas­te B­rit was om op eie bo­dem te se­ë­vier toe hy in 1969 by Roy­al Lytham and St An­nes ge­wen het.

“Jus­tin Ro­se is uit die aard van die saak ons troef­kaart, maar ek voor­spel dat spe­lers soos Mat­thew Fit­z­pa­trick en An­dy Sul­li­van ook uit­ste­kend sal vaar.”

Vol­gens Jacklin is Fit­z­pa­trick en Sul­li­van be­sten­di­ge spe­lers wat op Birk­da­le, waar ge­duld die wag­woord is, kan uit­styg.

Jacklin het die A­me­ri­kaan­se Ope in 1970 ge­wen en is Eu­ro­pa se mees suk­ses­vol­le Ry­der­be­ker-kap­tein van al­le tye. SA af­slaan­tye in eer­ste ron­de: 08:19: Tom Leh­man (VSA), By­e­ong Hun An (Kor), Dar­ren Fi­chardt (SA). 08:52: Ja­son Duf­ner (VSA), Bran­den Gra­ce (SA), Bry­son DeC­ham­beau (VSA). 09:25: Young­han Son (Kor), Da­vid Hor­sey (Eng), Dy­lan F­rit­tel­li (SA). 10:58: Lou­is Oost­hui­zen (SA), Jus­tin Ro­se (Eng), Jus­tin T­ho­mas (VSA). 11:31: Ri­chard B­land (Eng), S­haun Nor­ris (SA), Lu­cas Ci­an­chet­ti Ama (It.). 13:42: Er­nie Els (SA), Ross Fis­her (Eng), Bernd Wies­ber­ger (Oost). 15:15: J­ho­nat­tan Ve­gas (Ven), Brandon S­to­ne (SA), Se­an O’Hair (VSA). 115:48: Ro­ry M­cIl­l­roy (N­Ier) Dus­tin John­son (VSA), C­harl S­chwart­zel (SA). 17:05: Jbé Kru­ger (SA), Nick M­cCarthy (Eng), Ash­ley Hall (Aus). – Reuters

Fo­to: GETTY IMAGES

Jus­tin Ro­se sal En­ge­land se voor­ste spe­ler by die B­rit­se Ope wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.