Haaie gaan dié keer nie slap­lê nie, sê S­wys

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die Haaie het ge­bluf en te­rug­ge­hou in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by­wed­stryd op Kings­park teen die Leeus.

Só glo S­wys de Bruin, die aan­valsaf­rig­ter van die Leeus, na­dat hul­le die Haaie met 27-10 ver­slaan het om eer­ste op die Su­per-pun­te­lys te ein­dig.

“Ons ver­wag ’n heel an­der aan­slag van die Haaie hier­die Sa­ter­dag (op El­lis­park) in die kwart­eind­ron­de. Hul­le gaan be­hoor­lik kom vir ons.

“Ek glo hul­le het be­slis te­rug­ge­hou in Dur­ban en het niks ge­wys van dit waar­toe hul­le in staat is nie,” sê De Bruin.

“Die Haaie gaan die week ’n heel­te­mal an­der span wees. Hul­le wou ui­ter­aard veel eer­der hier in Jo­han­nes­burg in die kwart­eind teen ons speel as om al die pad Nieu-See­land toe te vlieg om daar teen die Cru­sa­ders in Chris­t­church te speel,” het De Bruin ge­sê.

Hy voeg by dat die Leeus ook nie hul bes­te s­pel ge­le­wer het nie.

“Dit was eint­lik ’n snaak­se dag, want na­dat die Hur­ri­ca­nes die og­gend die Cru­sa­ders ge­klop het en ons toe ge­weet het ons kon bo ein­dig, was ons aan­dag ’n bie­tjie af­ge­trek.

“Ons was uit­ein­de­lik baie bly din­ge het in ons guns uit­ge­werk. Dit is goed om te weet ons speel die res van die reeks nou net by die huis.

“Die ver­ant­woor­de­lik­heid is op ons om daar­die tuis­voor­deel te be­nut. Ons on­der­steu­ners moet ook in groot ge­tal­le op­daag om ons te help om daar­die tuis­voor­deel te be­nut.

“Dit is al­tyd lek­ker om voor jou eie men­se te speel en dit wat hul­le bied as ek­stra mo­ti­ve­ring te ge­bruik,” sê De Bruin.

Ja­co K­riel, die Leeus se kap­tein, sê sy span be­rei hul voor op ’n “mon­ster-aan­slag” van die Haaie.

“Ons gaan hier­die week baie hard werk om die fou­te van ver­le­de Sa­ter­dag uit te stryk. Daar is baie din­ge wat reg­ge­stel moet word, want ons het glad nie ge­speel soos ons kan nie,” het hy er­ken.

De Bruin sê daar is nie be­se­rings ná die be­soek aan Dur­ban nie en dat al­mal wat daar ge­speel het, oor­weeg kan word vir die kwart­eind­ron­de.

Ons on­der­steu­ners moet in groot ge­tal­le op­daag om ons te help om daar­die tuis­voor­deel te be­nut. — S­WYS DE BRUIN

Fo­to: GALLO IMAGES

Ja­co K­riel, die Leeus­kap­tein, ver­wag ’n mon­ster­aan­slag van die Haaie in Sa­ter­dag se Su­per­kwart­eind­stryd op El­lis­park.

S­wys de Bruin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.