Skoen is aan die an­der voet in half­eind­stryd

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Die twee groot uit­blin­kers met die kolf en die bal in die vroue se Wê­reld­be­ker-toer­nooi is van­dag in B­ris­tol – met die geel­wor­tel van ’n eind­stryd op Lord’s – in Suid-A­fri­ka en En­ge­land se half­eind­stryd slaags.

Suid-A­fri­ka se kap­tein, Dané van Nie­kerk, se 15 paal­tjies is die mees­te in die krie­ket­toer­nooi. Suid-A­fri­ka het boon­op vir Ma­ri­zan­ne Kapp, die voor­ste bou­ler op die wê­reld­rang­lys, in sy ge­le­de­re.

Die En­gel­se sal gou daar­op wys dat hul­le nie juis ’n fak­tor was nie in die span­ne se groep­wed­stryd op 5 Ju­lie op die­self­de veld. Kapp het drie paal­tjies laat kan­tel, maar En­ge­land het in daar­die sta­di­um reeds 343 op die tel­bord ge­had.

Van Nie­kerk het in daar­die wed­stryd net vier boul­beur­te son­der e­ni­ge wel­slae ge­boul. Dit het al­te­saam 678 lo­pies – ’n nu­we re­kord in vrou­e­krie­ket – op­ge­le­wer na­dat Suid-A­fri­ka ook meer as 300 lo­pies aan­ge­te­ken het.

Van Nie­kerk wys daar­op dat dit nie baie ge­beur nie en dat dit van­dag ook nie die ge­val sal wees nie.

“Ui­ter­aard is daar nie aan­ge­na­me her­in­ne­rin­ge van die vo­ri­ge wed­stryd hier vir die bou­lers nie – dit was nie ’n goeie dag vir ’n bou­ler nie.

“Met ons aan­koms hier, het ek ge­dink ek het die bes­te aan­vangs­bou­lers in die wê­reld. Nou be­gin ek glo ek het die bes­te bou­l­aan­val ter wê­reld,” waar­sku Van Nie­kerk.

Suid-A­fri­ka spog met drie bou­lers on­der die voor­ste se­we in die toer­nooi.

En­ge­land se aan­vangs­kol­wer Tam­my Beau­mont, wat 148 lo­pies in B­ris­tol aan­ge­te­ken het en met 372 lo­pies die voor­ste kol­wer in die toer­nooi is, wou nie daar­op ha­mer nie.

“Ja, ons het hul­le in die groep­wed­stryd ge­klop, maar dit gaan ’n skoon lei wees met heel­wat meer op die s­pel. Hul­le sal hard pro­beer om vir die ne­der­laag van vroe­ër te ver­goed,” sê Beau­mont.

“Suid-A­fri­ka is ’n veel­sy­di­ge span. Hy kan op e­ni­ge kolf­blad speel. Hy het goeie vaart aan die be­gin en by­breek­bou­lers in die mid­del, as­ook ’n paar kol­wers wat ver­nie­ti­gend kan wees.”

En­ge­land, ’n drie­ma­li­ge kam­pi­oen, ver­keer on­der druk na­dat hy agt jaar laas ’n wê­reld­ti­tel ge­wen het. Hy is met ses ag­ter­een­vol­gen­de se­ges in dié toer­nooi die guns­te­ling.

Die Pro­te­as, wat in 2002 ook in die half­eind­ron­de ge­speel het, sal wen of ver­loor weg­stap as die span wat die mees­te ver­be­ter het. En­ge­land het die span­ne se vo­ri­ge half­eind­stryd – 2014 se half­eind­stryd van die T20-wê­reld­toer­nooi in D­ha­ka – met ne­ge paal­tjies ge­wen.

En­ge­land (uit): He­at­her K­nig­ht (k), Tam­sin Beau­mont, Kat­her­i­ne Brunt, Ge­or­gia El­wiss, Jen­ny Gunn, A­lex Hart­ley, Da­niel­le Ha­zell, Beth Langs­ton, Lau­ra Marsh, Na­ta­lie S­ci­ver, Anya Sh­rub­so­le, Sa­rah Tay­lor, Fran Wil­son, Lau­ren Win­field and Da­niel­le Wy­att.

SA (uit): Dané van Nie­kerk (k), T­risha C­het­ty, Mo­se­li­ne Da­niels, Na­di­ne de K­lerk, Mig­non du P­reez, S­habnim Is­mail, Ma­ri­zan­ne Kapp, Ay­a­bon­ga K­ha­ka, O­di­ne Kir­sten, Ma­sa­ba­ta Klaas, Li­zel­le Lee, Su­ne Luus, Rai­si­be N­to­zak­he, Chloe Tryon, Lau­ra Wol­vaardt.

Be­gin­tyd: 11:30.

Fo­to: GETTY

Ma­ri­zan­ne Kapp is van­dag in die kol­lig teen En­ge­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.