Mit­chell: Die Su­per­tro­fee kan op El­lis­park staan

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Daar is geen twy­fel nie, die Leeus kan van­jaar die Su­per­rug­by-kroon ver­o­wer en e­mo­si­o­ne­le mo­ti­ve­ring kan hul groot­ste troef­kaart wees, voor­spel die voor­ma­li­ge All Black-af­rig­ter John Mit­chell.

Die Leeus het Sa­ter­dag in Dur­ban die eer­ste Suid-A­fri­kaan­se span se­dert die S­tor­mers in 2012 ge­word wat die groep­fa- se van die Su­per­reeks in die eer­ste plek kon af­sluit.

Met 14 uit 15 se­ges het die Leeus op 65 liga­pun­te ge­ëin­dig – twee pun­te bo die Cru­sa­ders, wat Sa­ter­dag in Wel­ling­ton teen die Hur­ri­ca­nes ver­loor het.

Dit be­te­ken die Jo­han­nes­burg­se span is ver­se­ker van ’n eind­stryd op El­lis­park, as hul­le nie in die kwart­eind- of half­eind­ron­de uit­ge­ska­kel word nie.

Mit­chell, wat gis­ter by Lof­tus Vers­feld op­ge­daag het in sy nu­we rol as die Bul­le se hoof van rug­by, sê die Leeus het hul­self ’n uit­ste­ken­de kans ge­gee deur bo­aan die pun­te­lys te ein­dig.

“Ek dink nie die an­der span­ne het heel­te­mal ’n be­grip van die e­mo­si­o­ne­le mo­ti­ve­ring wat die Leeus sal hê met Ac­kers (Jo­han Ac­ker­mann) wat ná die reeks klaar­maak nie.

“Om­dat hul­le ver­le­de jaar in die eind­stryd oor die laas­te hek- kie ge­strui­kel het (teen die Hur­ri­ca­nes in Wel­ling­ton), sal hul­le ’n by­ko­men­de be­geer­te hê om van­jaar te wen.

“As die Leeus kan hou by dit wat hul­le so­ver wel­slae ge­bring het en nie mee­ge­voer raak deur e­mo­sie nie, sal hul­le sterk ein­dig.”

Mit­chell was Sa­ter­dag in die We­st­pac-sta­di­on waar die Cru­sa­ders hul on­oor­won­ne ver­to­nings­lys teen die Hur­ri­ca­nes prys­ge­gee het.

“Dit was ’n goeie stryd om te kyk,” sê Mit­chell.

“Die pas waar­teen die wed­stryd ge­speel is, was merk­waar­dig en dit was bru­taal.

“Jy gaan werk­lik met ’n gróót aan­slag vo­ren­dag moet kom om die Nieu-See­land­se span­ne te troef.”

Die doem­pro­fe­te maan dit gaan teen die Leeus tel dat hul­le nie die sei­soen Nieu-See­land­se teen­stand ge­had het nie.

Die Leeus het die Aus­sie-span­ne op ’n streep ge­klop, maar die Aus­tra­lie­se aan­slag was nog nooit so treu­rig soos van­jaar nie.

Die Brum­bies was Aus­tra­lië se voor­ste span, maar kon net ses uit 15 wed­stry­de in die groep­fa­se wen.

Dit is die­self­de aan­tal oor­win­nings wat die Sout­hern Kings be­haal het.

John Mit­chell

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.