Jou Bos­veld­pam­per­lang

Beeld - - Bruuiiddee -

Mo­na­te Ga­me Lod­ge is ’n vier-ster­be­stem­ming in Lim­po­po en so­wat 160 km van P­re­to­ria af. Dit is ge­leë op ’n wild­plaas van by­na 2 000 ha. Mo­der­ne, luuk­se en sui­te-ka­mers ver­wel­kom jou­met al die ge­rie­we wat no­dig is om heer­lik te ont­span. Twee luuk­se een­he­de, S­ku­ku­za en S­hing­we­d­zi, bied ak­kom­mo­da-sie vir vier men­se elk. Daar is ook ’n klein swem­bad op die dek vir die­ge­ne wat pri­vaat-heid ver­kies.

Die lod­ge bied twee swem-bad­dens, twee ja­cuz­zi’s, ’n mi-ni-gholf­baan en op­si­o­ne­le spa-be­han­de­lings vir gas­te. Wild-rit­te word daag­liks aan­ge­bied on­der lei­ding van ge­kwa­li­fi-seer­de gid­se. Mo­na­te Ga­me Lod­ge het on­der meer leeus, buf­fels, see­koeie, kro­ko­dil­le, ’n ver­skei­den­heid bok­spe­sies en is ’n vo­ël­ky­kers­pa­ra­dys!

Heer­li­ke e­tes word be­dien in­on­der meer ’n na­tuur­li­ke grot en ’n bos­bo­ma en be­loof om ’n hoog­te­punt van el­ke be­soek te wees.

’n Aan­loop­baan en he­li­lan-dings­plek is be­skik­baar vir gas­te se ge­bruik. Die lod­ge is ook baie ge­wild vir trou­es en kon­fe­ren­sies.

■ Die wen­bruid kry twee nag-te vir twee men­se in die Mo­na-te Ga­me Lod­ge se luuk­se een-heid. Dit sluit wil­drit­te en al­le maal­tye in.

■ Die naas­wen­ner kry twee nag­te vir twee men­se in die wit­te­brood­sui­te.

■ Die bruid in die der­de plek kry twee nag­te vir twee men­se in ’n luuk­se ka­mer, al­bei ter waar­de van R7 000. Wil­drit­te en e­tes is ook in­ge­sluit vir die naas­wen­ner en bruid in die der­de plek.

Dran­kies en ver­voer na en van Mo­na­te is uit­ge­sluit.

■ Be­soek mo­na­te­lod­ge.com, s­tuur e-pos na in­fo@mo­na­te-lod­ge.com of ska­kel 014 718 7000.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.