ANC­LP’s pak Zu­ma o­pen­lik

Hy val op sy beurt FW en kie aan

Beeld - - Front Page - L­le­wel­lyn P­rin­ce, Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne en News24

Op die­self­de dag wat twee sit­ten­de ANC-LP’s o­pen­lik ge­vra het dat p­res. Ja­cob Zu­ma be­dank, het die pre­si­dent teen sy kri­ti­ci uit­ge­vaar, ge­sê dit is am­per tyd vir hom “om men­se in hul peet­jie te s­tuur” en selfs oud­pres. FW de K­lerk by­ge­kom.

Pra­vin Gord­han en dr. Mak­ho­si K­ho­za het gis­ter on­danks tug­stap­pe wat waar­skyn­lik teen hul­le in­ge­stel sal word reg­uit aan Zu­ma ge­sê hy moet loop.

Dit kan moont­lik die be­gin wees van o­pen­li­ke ver­set in ANC-ge­le­de­re in die aan­loop tot 8 Au­gus­tus, wan­neer ’n de­bat oor die mo­sie van wan­troue in Zu­ma in die par­le­ment ge­voer word.

Tot nou toe is ei­se vir sy kop net in par­ty- of al­li­an­si e­ver­band ge­ui­ter – soos met die po­ging tot ’n mo­sie van wan­troue op ’n spe­si­a­le ver­ga­de­ring van die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee in Mei, op Co­sa­tu-saam­trek­ke en op ver­le­de week se SAKP-kon­fe­ren­sie.

K­ho­za kry die laas­te tyd doods­drei ge­men­te weens haar o­pen­li­ke op­roe­pe dat ANC-LP’s op 8 Au­gus­tus vol­gens hul ge­we­te moet stem.

Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, het gis­ter ge­sê dat K­ho­za weens dié drei­ge­men­te vei­lig­heids­wag­te sal kry. K­ho­za was gis­ter een van ver­skeie spre­kers wat le­de van meer as 90 bur­ger­li­ke or­ga­ni­sa­sies op ’n kon­fe­ren­sie oor die toe­koms van Suid-A­fri­ka in die R­he­ma-kerk in Rand­burg toe­ge­spreek het. Dit is deur die Ahmed Kathra­da-stig­ting en Sa­ve SA, wat ook vroe­ër Zu­ma se kop ge­ëis het, aan­ge­bied.

K­ho­za het in haar spreek­beurt ge­sê: “In­ge­val ek nie tot 8 Au­gus­tus hier is nie, moet jy, me­neer die pre­si­dent, weet dat jy by Suid-A­fri­ka­ners spook. Be­dank as­se­blief, me­neer die pre­si­dent.”

Dit vir haar as A­fri­ka-fe­mi­nis “ui­ters on­draag­lik” om ge­lei te word deur ’n man wat “vroue oes”.

Sy be­skul­dig Zu­ma daar­van dat hy stam­ge­bond en­heid en ras­ver­deeld­heid be­vor­der.

Gord­han het ook vir die eer­ste keer reg­uit ge­sê Zu­ma moet “op­sy staan”.

Dit was in ’n pa­nee l­be­spre­king van die ra­di­o­sta­sie Talk Ra­dio 702 wat ook reg­streeks op eNCA uit­ge­saai is.

“Hy moet dat ie­mand an­ders oor­neem om die dis­koers te ver­an­der so­dat ons die soort as­pi­ra­sies kan ver­vul wat (Nel­son) Man­de­la en sy ge­ne­ra­sie vir Suid-A­fri­ka ge­had het,” het Gord­han ge­sê.

Zu­ma het gis­ter die Nel­son Man­de­la-ge­denk­le­sing in Em­pan­ge­ni, K­waZu­lu-Na­tal, ge­bruik om houe uit te deel na on­der an­de­re oud­pres. T­ha­bo M­be­ki, K­ga­le­ma Mot­lant­he en ou­dadj.p­res. P­hum­zi­le Mlam­boNg­cu­ka om­dat hul­le “’n plat­form met (FW) de K­lerk ge­deel het”.

Dit was deel van on­langs i­ni­si­a­tie­we tus­sen die oud­pre­si­den­te se stig­tings en an­der om die “na­si­o­na­le kri­sis” te be­spreek.

“As jy po­li­tiek ver­staan, kan jy ’n plat­form met De K­lerk deel en hom die eer­ste spre­ker maak?” het Zu­ma ge­vra.

Hy het ge­vra hoe hul­le die land en die de­mo­kra­sie be­spreek, “maar in­der­daad die ANC kri­ti­seer”.

“Jy moet weet die­ge­ne wat so maak se po­li­tiek is ver­dag. Ek meen De K­lerk moet nou vir óns leer van de­mo­kra­sie!”

Zu­ma het ook uit­ge­vaar teen “men­se” wat die “vy­an­di­ge me­dia ge­bruik om met ka­me­ra­de te kom­mu­ni­keer eer­der as om eer­ste met hul­le te praat”.

“Daar is die­ge­ne wat daar staan en din­ge sê en om­dat daar nie op hul­le ge­re­a­geer word nie, dink hul­le weet al­les.

“Hul­le moet weet dié wat nie re­a­geer nie, wil nie hier­die ver­keer­de ding ver­er­ger nie, want hul­le is nie po­li­ties dui­de­lik nie.

“As jy po­li­ties dui­de­lik is, gaan men­se jou vloek, maar moe­nie be­kom­merd wees nie.

“Maar as jou po­li­tiek nie ge­noeg is nie, sal jy ’n knop­kie­rie vat en daar­die mens slaan.”

Zu­ma het ge­sê die tyd sal leer wan­neer die­ge­ne wat die ANC daag­liks in die o­pen­baar kri­ti­seer, “op hul eie is”.

Hy het ge­sê hy kan nie wag vir die ANC se lei­ers­kon­fe­ren­sie in De­sem­ber nie so­dat hy son­der om­haal op sy kri­ti­ci kan re­a­geer.

“Ons het net vyf maan­de oor voor die ver­kie­sing. Ná dit sal ek nie meer be­perk wees om te re­a­geer nie. Vir nou moet ek al­les te­rug­hou.”

Zu­ma het ge­sê ná die ver­kie­sing sal daar men­se wees wat hy “in hul peet­jie kan s­tuur”.

Hy het ook uit­ge­vaar teen die SAKP se on­lang­se kon­fe­ren­sie om­dat dit “nie so­si­a­lis­me be­spreek het nie”.

“Jy kan nie so­si­a­lis­te hê wat dae lank ver­ga­der, maar nie­mand praat oor so­si­a­lis­me nie.”

Dr. Mak­ho­si K­ho­za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.